06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Finansies

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Woensdag 29 Februarie 2012

GM betaal apartheidslagoffers

Die General Motors moedermaatskappy in Amerika het sonder 'n hofbevel besluit om vergoeding aan apartheidslagoffers te betaal. Hierdie ongewone optrede het gister aan die lig gekom. Khulumani, die organisasie wat die slagoffers verteenwoordig, sê hulle hoop dit skep 'n voorbeeld vir ander maatskappye om te volg.

Maandag 23 Januarie 2012

Besoedeling neem toe in Vaalrivier

'n Luisteraar het via Monitor en Spektrum se Facebookblad laat weet dat waar sy teenaan die Vaalrivier bly, tussen Vanderbijlpark en Parys, daar 'n groen, poeierige stof in die water is. Ná reaksie van nog ander lede op haar skrywe, is besluit om ondersoek in te stel. 'n Plantkenner van die Noordwes Universiteit, dr. Sanet Janse van Vuuren, sê hulle studies toon dat daar die afgelope paar jaar daar 'n toename was in besoedeling in die Vaalrivier. Sy meen die stof kan moontlik die skadelike blougroen-alge wees.

Woensdag 18 Januarie 2012

Doris Brasch oorlede

Die sopraan Doris Brasch wat vir haar kinderliedjies soos DIE LAPPOP en DAPPER MUIS bekend is, is verlede week op 82 aan kanker oorlede. Brasch is ook bekend vir haar operarolle in onder meer DIE TOWERFLUIT en Gustav Mahler se tweede simfonie DIE OPSTANDINGSIMFONIE, en het verskeie kere saam met die simfonie-orkeste van Johannesburg, Kaapstad en Durban opgetree. Sy word oorleef deur haar dogter en seun, asook sewe kleinkinders.

Woensdag 18 Januarie 2012

Eerste skooldag in Mpumalanga

Sommige skole in Mpumalanga se Nkomazi en Hazyview gebiede het vanoggend bietjie later as gewoonlik begin as gevolg van die aanhoudende reën die afgelope paar dae. By ander skole waar die reën nie so 'n groot invloed gehad het nie, is daar sommer vroeg vroeg al met klasse begin. Veral die graad eentjies van Laerskool Laeveld in Nelspruit het sommer op hulle eerste skooldag al hard begin werk. Amanda Coetzee berig.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: