23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Woensdag 7 Maart 2012

Marie Heese

Die Universiteit Stellenbosch Woordfees bring vanjaar hulde aan die gevierde skrywer, Marie Heese, wat vanjaar 70 word. Sy het diep spore in die onderwys getrap en het aan verskeie tersiêre instellings gedoseer. As woordkunstenaar is sy ewe tuis in Afrikaans en Engels en haar eerste roman AS DIE UURWERK KANTEL het klassieke status bereik. Ná haar aftrede by Unisa het sy na Stilbaai verhuis waar sy ernstig met skeppende skryfwerk begin het.

Vrydag 2 Maart 2012

Waarskuwing uitgereik oor Tropiese Storm Irina

Swaar reën word verwag oor die noord-oostelike dele van die land met die koms van die tropiese storm Irina wat in die Mosambiekkanaal afbeweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die storm na verwagtig tot 'n tropiese sikloon sal versterk. Jacques Benade van Mpumalanga Rampbestuur, sê voorsorgmaatreëls is in plek.

Vrydag 2 Maart 2012

Nuwe verslag wys voordele van hidroliese breking

Sewehonderdduisend werksgeleethede oor 25 jaar is van die ekonomiese voordele indien die ontginning van skaliegas in die Karoo sou voortgaan. Die ekonoom Tony Twine het in 'n verslag wat vanoggend deur Econometrix bekend gemaak is, uitgebrei oor die groot potensiële ekonomiese voordele verbonde aan hidroliese breking.

Vrydag 2 Maart 2012

Omstrede debat oor gestremde babas

'n Hewige debat het in bio-etiese kringe los gebars oor of dokters pasgebore babas mag dood maak wat die ma nie wil hê nie, nie voor kan sorg nie en of wat gestremd is. 'n Filosoof Francesca Minerva wat verbonde is aan die Oxford Universiteit in Amerika is van mening dat dokters die keuse moet hê of pasgebore babas doodgemaak moet word as hulle gestremd is, die ouers hulle nie sal kan onderhou nie of as die ma die baba nie wil hê nie. Verskeie mense het Minerva met die dood gedreig na die omstrede uitlating en verskeie ander mense het selfs die Mediese Etiek joernaal waarin die berig aanvanklik gepubliseer is, gekasty omdat hulle die berig geplaas het. Suzanne Paxton praat hieroor met die voorsitter van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Anton van Niekerk.

Donderdag 1 Maart 2012

Renoster DNS-databasis

Die SA Jagtersvereniging sê hulle is steeds van mening dat die wettige handeldryf met renosterhoring die stropings sal stopsit. Dr. Herman Els van die Verening sê egter al manier hoe mens dit suksesvol sal kan doen is om te verseker dat die renoster-DNS in 'n databasis opgeneem word en daarom het hulle nou 'n bedrag van R100 000 aan die Veterinêre Genetiese Laboratorium by die Veaartsenykundige Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria geskenk.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: