18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Dinsdag 27 Maart 2012

Suid-Afrikaanse ooggetuie in Toulose 27 Maart 2012

'n Suid-Afrikaner wat in Toulousse, Frankryk woon, was deel van die aksie toe die polisie op 'n woonstelgebou oorkant hulle losgebrand het. Mohamed Merah, wat verantwoordelik was vir die dood van sewe mense, onder wie drie Joodse kinders, is na 'n beleg van 33 uur deur die polisie in sy woonstel doodgeskiet. Corné du Plooy vertel van sy ervaring toe hulle die oggend met geweerskote wakker word.

Dinsdag 27 Maart 2012

Kernberaad 27 Maart 2012

Wêreldleiers is in Suid-Korea byeen by die kern-en veiligheidsberaad om lande tot die beeëindiging van kernwapenprogramme te verbind. MAAR Suid-Afrika was die eerste land ter wêreld om dit vrywilliglik te doen toe ons eie kernwapen program in die vroeë 1990's tot 'n einde gekom het. Professor André Buys wat betrokke is by die Departement Tegnologie Bestuur by die Universiteit Pretoria is 'n kenner op die gebied.

Dinsdag 27 Maart 2012

Kameelperde -Spektrum 27 Maart 2012

Eskom het die naweek meer as honderd kragpale in 'n natuurreservaat naby Komatipoort in Mpumalanga gelig, na 'n aantal kameelperde daarin vasgeloop en doodgeskok het. Sowat 250 werkers het 160 transformators hoër opgeskuif en stutpale ingekap om te verhoed dat die kabels weer afsak.

Vrydag 16 Maart 2012

SA vrou praat oor tronk in Mauritius

'n Suid-Afrikaanse vrou wat tien jaar in 'n tronk in Mauritius deurgebring het, is vrygelaat en het gister in die land aangekom. Die 38-jarige Anneline Mouton van Kaapstad is in Junie 2002 op die lughawe in Mauritius voorgekeer nadat sy met dwelms betrap is. Sy was twee jaar verhoorafwagtend en het haar vonnis in Junie 2004 begin uitdien. Sy sê die eerste vyf jaar in die tronk was hel, maar om te oorleef moes sy uiteindelik aanpas. Mouton het aan Patricia Visagie gesê sy kon vanoggend, ná 'n dekade, weer ontbyt saam met haar familie geniet.

Donderdag 8 Maart 2012

Sonstorm

Die sterkste sonstorm in ses jaar tref die aarde vandag. Dit bereik vanmiddag sy hoogtepunt in Suid-Afrika. Suzanne Paxton praat hieroor met dr. Pierre Cilliers, 'n navorser by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap se ruimtewetenskappe-afdeling op Hermanus.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: