15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Dinsdag 16 November 2021

Pretoria-staaltjies op die stad se 166e verjaarsdag

Het jy al gewonder wie voor die voortrekkers in die Pretoria-gebied gewoon het, en hoekom daar vandag so baie Jakarandas in die stad is? Kom luister saam na Professor Anton van Vollenhoven se interessante staaltjies oor die Jakarandstad, op haar 166e verjaarsdag. 

Dinsdag 16 November 2021

Spektrum 16 November 2021

Ons ontleed die gebeure wat gelei het tot 'n skietery in Muldersdrift - wat het skeefgeloop en wat moet ons daaruit leer? Mejuffrou SA se deelname aan die Mejuffrou Heelal skoonheidskompetisie in Israel lok gemengde reaksie uit. Pretoria vier vandag sy 166e verjaarsdag. Die Menseregtekommissie se sittings oor die onrus in Julie in KwaZulu-Natal gaan voort in Umhlanga. Ons kry die jongste nuus oor die DA se koalisie-gesprekke. Max die papegaai kry 'n titanium-snawel.

Maandag 15 November 2021

Spektrum 15 November 2021

Die Menseregtekommissie begin met sy ondersoek na die onluste wat in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het. Talle mense reageer op die regering se Vooma Covid-19-inentingsveldtog die afgelope naweek. Druk gesprekke oor koalisies in stadsrade vind vandag plaas. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging gaan 'n formele klag by die Konfederasie van Afrika-sokker en die wêreldsokkerbeheerliggaam, FIFA, indien ná Bafana Bafana se 0 - 1 nederlaag teen Ghana. Haelkorrels so groot soos krieketballe val in Lydenburg.

Vrydag 12 November 2021

FW de Klerk was ‘n oop man, wat kritiek kon verduur

" 'n Oop man, wat kritiek kon verduur en gesprek aangemoedig het..." Só onthou dr Franklin Sonn, 'n struggle-held en voormalige ambassadeur, sy verhouding met wyle oud-president FW de Klerk.  Foto: therep.co.za  

Vrydag 12 November 2021

Vrae bly onbeantwoord na FW de Klerk se dood

 "Wat ons wou weet van De Klerk, is hoeveel hy geweet het van die beplande moord op my pa-hulle, en hoekom hy niks gesê het en gedoen het om daardie moorde te verhoed nie." Só het Lukhanyo Calata gereageer op die dood van die laaste apartheidspresident, FW de Klerk. Sy pa, Fort, was deel van die sogenaamde 'Cradock-4' wat in 1985, na bewering deur die veiligheidspolisie vermoor is. Calata sê die antwoorde waarop hy en verskeie ander slagoffers van dié voorval gehoop het, is saam met De Klerk dood.  Foto: Daily Maverick

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: