23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Vrydag 12 November 2021

Spektrum 12 November 2021

Oudpresident FW de Klerk se laaste boodskap en nalatenskap lok gemengde reaksie uit. Die Springbokke slyp hulle tande vir môre se kragmeting teen Skotland. Inwoners van Houtbaai naby Kaapstad groet Mister Brown, die gewild rob wat hulle dekades lank geselskap gehou het. Die seun van een van die Cradock 4 sê die antwoorde op verskeie van sy vrae gaan saam met oudpresident FW de Klerk na die graf. COP26 kom vandag tot 'n einde, maar daar is weinig sprake van 'n haalbare ooreenkoms.

Donderdag 11 November 2021

Spektrum 11 November 2021

Die ontvoerde Moti-broers is na drie weke in die vroeë oggendure met hulle ouers herenig. Ons praat met 'n sielkundige oor die hantering van traumatiese gevalle soos dié. MTN is bekommerd oor diefstal by sy selfoontorings. Beurtkrag is aangepas na fase 2 en word teen môreoggend vyfuur opgeskort. Luisteraars vertel wat hulle wil hoor in die mediumtermynbegrotingsrede. Drie maatskappye in Johannesburg beskuldig Pikitup van tenderbedrog.

Woensdag 10 November 2021

Dit ís moontlik om in harmonie met die natuur te boer

Die kwessie van alternatiewe boerderypraktyke is opnuut by die COP26-klimaatberaad bespreek. Dit kom te midde van 'n wêreldwye tekort aan kunsmis en chemikaliese produkte. Volgende jaar se beraad gaan boonop die klem plaas op die landbousektor se rol in klimaatsverandering. Rolspelers waarsku intussen dat die oorgang na meer omgewingsvriendelike maniere van boer, nie oornag kan gebeur nie. In Suid-Afrika word daar tog vordering gemaak wat 'n meer gebalanseerde manier van boerdery behels. Die  ZZ2-boerdery is die grootste sogenaamde natuurboerdery* in die land. Marlinée Fouché het by 'n ekoloog van die maatskappy se natuurboerderysentrum, Wiam Haddad, gaan hoor wat natuurboerdery behels. Foto: ZZ2 * Die term 'natuurboerdery' is deur ZZ2 geregistreer as handelsmerk. 

Woensdag 10 November 2021

Spektrum 10 November 2021

Die ACDP wil die inenting van kinders teen Covid stopsit. 'n Kenner waarsku dat misdaad sal floreer weens beurtkrag. Alternatiewe boerderypraktyke kan meer omgewingsvriendelik wees. Twee Kaapse strande is steeds gesluit weens 'n rioollekkasie. 'n Jong skrywer wen 'n Suid-Afrikaanse literêre toekenning.

Dinsdag 9 November 2021

Spektrum 9 November 2021

Die ANC sê hy is nie haastig om koalisie-regerings te vorm nie. Menseregte-organisasies sê beter beskerming vir fluitjieblasers is nie onderhandelbaar nie. Die mediumtermynbegroting word Donderdag gelewer - wat kan ons verwag? Laerskoolleerders in Langa op die Kaapse Vlakte het nou toegang tot gevorderde aanlyn-geletterdheidsprogramme. Inwoners van Lichtenburg in Noordwes sit ná ses dae steeds sonder krag.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: