12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 6 Februarie 2016

7 Feb 2016

Daar is al baie teorieë geformuleer oor hoe die maan onstaan het. Daar is nou 'n nuwe teorie waarin isotope 'n belangrike rol speel. Daar is ook inligting oor 'n hele ry planete wat vroeg soggens in die noordooste te sien is.

Saterdag 30 Januarie 2016

31 Jan 2016

Almal is gaande oor die sogenaamde negende planeet wat ontdek is. Dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië verduidelik wat dit is, en dat die planeet nog nie waargeneem is nie, maar dat daar ander verskynsels is wat dui op sy bestaan. Dr. van Zyl se kollegas by Caltech het die ontdekking gemaak.

Saterdag 23 Januarie 2016

24 Jan 2016

Die teleskoop kan beskou word as die ruggraat van sterrekunde. Dit was met 'n nederige teleskoop dat Gallileo Gallilei Jupiter se 4 mane waargeneem het. Die span gesels oor die verskillende soorte teleskope en watter rol saamgestelde spieëls deesdae in teleskope speel. Die sg Gaint Magellan Telescope gaan, wat sy primêre spieël betref, sewe spieëls van 8,4 meter elk hê om een saamgestelde spieël te vorm.

Saterdag 26 Desember 2015

27 Dec 2015

Space X het toe uiteindelik daarin geslaag om 'n vuurpyl te herwin na afloop van 'n volwaardige sending. Die span praat oor die Space X-projek en wat die voordele is om 'n vuurpyl te herwin. Daar is ook nuus oor 'n Supernova wat pas waargeneem is. Sterrekundiges het geweet van die nova wat moes verskyn. Dis nogal besonders omdat Supernovas nie hulle verskyning aankondig nie.

Saterdag 19 Desember 2015

20 Dec 2015

Die span gesels oor die verskil tussen sontyd en sideriese tyd. Daar word ook gepraat oor die daglengte van 'n planeet soos Mars en waarom die planeet roteer in die rigting wat hy wel roteer.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: