15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 21 Mei 2016

22 May 2016

'n Bloumaan beteken gewoonlik twee volmane in een maand. Die span gesels oor 'n ander bloumaan. Daar is ook inligting oor wat 'n Lagrange-punt in die ruimte is. Dit is by Langrange 2 wat die James Webb ruimteteleskoop uiteindelik tot rus sal kom. En dan praat Willie Koorts ook oor 'n nuwe kalibrasiemetode wat by SALT in werking gestel is.

Saterdag 14 Mei 2016

15 May 2016

Daar was die afgelope week groot opwinding oor Mercurius se oorgang voor die son. Daar is ook inligting oor die rooi planeet, Mars, wat tans baie helder is. En die span bespreek die vraagstuk oor hoe sterrestelsels teenoor mekaar georiënteer is, en of hulle 'n invloed op mekaar het.

Saterdag 7 Mei 2016

8 May 2016

Magda Streicher van Polokwane is 'n ywerige sterrekyker. Sy gesels oor haar stokperdjie en hoe asterismes gesoek en gerapporteer word. Kobus Olckers praat ook oor die skade van 'n reuse Corona Massa-uitbarsting op die aarde kan veroorsaak as hierdie songebeurtenis geo-effektief is – met ander woorde direk na die aarde toe uitbars.

Saterdag 30 April 2016

1 May 2016

Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory praat oor laseraandrywing in die ruimte. Met 'n lasterstraal met 'n deursnit van 10 km sal dit moontlik wees om 'n satelliet en spieël wat 1 gram weeg, binne drie dae na Mars toe te stuur – maar daar is praktiese probleme.

Saterdag 23 April 2016

24 Apr 2016

Wat is 'n mini-volmaan? En luister na die klanke wat planete maak. Die "klanke" word met behulp van plasma-antennas opgeneem en gedekodeer sodat dit binne die frekwensiebereik van 20 tot 20 000 Hz val en vir die menslike oor hoorbaar is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: