22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Nou op die lug: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

Jacques Arendt

Volgende: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

23:10 - 23:59

Tjil

Met Jacques Arendt

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 25 Junie 2016

26 Jun 2016

Die Surveyor 1 is 50 jaar gelede na die maan gestuur om sagte landings te oefen. Daar is ook inligting oor 'n tweede gravitasiegolf wat met die Ligo-tegniek waargeneem is. Prof. Matie Hoffman verduidelik waarom dit belangrik is vir sterrekunde.

Sondag 19 Junie 2016

19 Jun 2016

Na verlede week se uitsending waartydens stergeluide gespeel is, het talle navrae ontstaan oor die verskynsel. In Sterre en Planete gesels die span oor die sterklanke. Daar is ook inligting oor wat met 'n ster se gravitasie gebeur as die ster die einde van sy lewe bereik. Die deelnemers is Wille Koorts van die SAAO en Prof Matie Hoffman van die Boyden sterrewag op Bloemfontein.

Saterdag 11 Junie 2016

12 Jun 2016

Die twee satelliete wat die meeste inligting oor die son verskaf is die Soho en die Solar Dynamic Observatory. In Sterre en Planete praat Kobus Olckers oor die metings wat met behulp van die satelliete gedoen word. Die ander deelnemer in die program is 'n boer in die Heilbron-omgewing. Lafras Smit is 'n kranige sterrekyker en het onlangs begin met astrofotografie. Jy kan ook 'n paar sterregeluide hoor.

Saterdag 4 Junie 2016

5 Jun 2016

Temperature in die ruimte kan tot sover as -270 grade Celsius daal. Die vraag is hoe funksioneer elektroniese toerusting teen sulke onmoontlike temperature? In Sterre en Planete verduidelik die span watter maatreëls getref word om elektronika aan die gang te hou. Juno kom ook aan die begin van Julie by Jupiter aan. Dr Japie van Zyl verduidelik wat die doel van die satelliet is.

Saterdag 28 Mei 2016

29 May 2016

Tradisioneel het mense geglo dat 'n sonnestelsel se rotsagtige planete die naaste aan sy ster voorkom en daarna die gasplanete. Met die ontdekking van eksoplanete is dinge omgekeer. In Sterre en Planete vanaand gesels ons oa met Dr Rudi Kuhn van die SAAO oor die onlangse ontdekking van 'n eksoplaneet met behulp van 'n teleskoop op Sutherland. Dr Kuhn was verantwoordelik vir die sagteware wat die robotiese teleskoop aandryf.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: