15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 9 Oktober 2016

9 Oct 2016

Ruimteweervoorspelling is nodig vir kommunikasie- en elektriesestelsels. Kobus Olckers van Florida in Amerika praat oor die noodsaaklikheid van die voorspellings. Hy skets ook wat die rol van siklone is om van energie ontslae te raak. En daar is 'n bydrae oor 'n besondere projek wat op Secunda deur 'n groep skoliere onderneem word in samewerking met die plaaslike amateurradioklub.

Saterdag 1 Oktober 2016

2 Oct 2016

Hoewel vroeër daaroor bespiegel is, het Nasa nou vasgestel dat daar water uit een van Jupiter se mane, Europa, spuit. Dr. Japie van Zyl praat oor die ontdekking en wat die implikasies daarvan is. Daar is ook sprake dat die water wat uitspuit, sout is en dit impliseer dat die maan soutwater in sy kern het. Nasa se missie is om vas te stel wat die eienskappe van die water is deur deur die waterspuite te vlieg.

Saterdag 24 September 2016

25 Sep 2016

Die Iziko Planetarium in Kaapstad is die tweede planetarium in Suid-Afrika wat van digitale tegnologie gebruik sal maak. Die bestuurder van die planetarium, Theo Ferreira, gesels oor sy nuwe speelding. Prof. Matie Hofmann neem ook aan die gesprek deel want hy is in Kaapstad om verdere opleiding te kry om die nuwe sagteware te beheer. Prof. Hofmann is die hoof van die digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein.

Saterdag 17 September 2016

18 Sep 2016

Die ruimtetuig Rosetta het 'n tyd gelede 'n klein ruimtelander, Philae, op die komeet Churyomov-Girasimenko laat land. Die landing was egter 'n mislukking want die tuig kon nie data terugstuur nie omdat sy landingsposisie verkeerd was. Ruimtewetenskaplikes het die afgelope dae daarin geslaag om die tuig waar te neem op die komeet. En daar is inligting oor hoe asteroïdes opgespoor word.

Saterdag 10 September 2016

11 Sep 2016

Francois Rautenbach van Pretoria het met 'n bietjie speurwerk die sagteware en onderdele van een van Apollo se eerste rekenaars opgespoor. Die span praat met hom oor die gesofistikeerdheid van hierdie soort rekenaars en hoe dit gebruik is. Kobus Olckers gesels ook oor Auroras en die verband tussen sonsiklusse en weerpatrone.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: