23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 3 September 2016

4 Sep 2016

Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van die nuwe hoed wat hy opgesit deur verantwoordelikheid te aanvaar as Direkteur van Sonnestelsel-eksplorasie. Hy brei uit oor die opwindende nuwe projekte waarmee hulle besig is soos om 'n asteroïde in 'n net te gaan vang.

Saterdag 27 Augustus 2016

28 Aug 2016

Die ontdekking van 'n nuwe planeet wat om een van die sterre in die Alfa Centauri-groep wentel, het sterrekundiges gaande. Willie Koorts en prof. Matie Hofmann gesels ook oor die gedeeltelike sonverduistering wat oor groot dele van Suid-Afrika gesien kan word.

Saterdag 20 Augustus 2016

21 Aug 2016

'n Aardagtige planeet is in die omgewing van Proxima Centauri waargeneem. Proxima Centauri is in die omgewing van die naaste ster aan ons, Alfa Centauri. Die span praat ook oor 'n vyfde natuurkrag wat ontdek is.

Saterdag 13 Augustus 2016

14 Aug 2016

As die son wil, kan hy 'n gevaarlike kalant wees. Kobus Olckers praat oor die katastrofiese moontlikhede as 'n groot magnetiese sonuitbarsting die aarde tref. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen die gewone weervoorspelling en 'n sonweervoorspelling. En 'n amateursterrekundige, Johan Smit, verduidelik waarna mense moet kyk as hulle teleskope wil koop.

Saterdag 6 Augustus 2016

7 Aug 2016

Alle oë en ore is deesdae gespits by die Jet Propulsion Laboratory, want die Juno-ruimtetuig by Jupiter het pas 'n kritieke maneuver uitgevoer. Dr. Japie van Zyl van die JPL vertel van die stappe wat volg noudat die tuig nader aan die planeet beweeg. Hy praat ook oor die snelheid van 200 000 km/h wat Juno bereik het onderweg na die planeet. Juno is een van die ruimtetuie wat die vinnigste na sy teiken beweeg het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: