23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 16 April 2016

17 Apr 2016

Dit verg nogal geduld om die maan met jou selfoon deur 'n teleskoop af te neem, maar as jy dit regkry, is die resultate dikwels verstommend. Die span gesels oor die huidige naghemel,en veral die maan. Daar is ook inligting oor 'n besondere radioteleskoop in Indië, die Reuse Metergolf Radioteleskoop. Suid-Afrikaanse sterrekundiges het 'n belangrike bevinding oor die belyning van gravitasiekolke gemaak deur die teleskoop te gebruik.

Saterdag 9 April 2016

10 Apr 2016

Kos Coronaios is 'n amateursterrekundige van Louis Trichardt wat hom toespits op astrofotografie. Hy vertel watter stellings hy op sy DSLR-kamera maak om sterrefoto's te neem. En sonkenner Kobus Olckers praat oor filamente wat op die son voorkom.

Saterdag 2 April 2016

3 Apr 2016

Talle instansies, ook in Suid-Afrika, is tans besig om sogenaamde “Cubesats” te bou. dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die voordele van die klein satelliete. Hy praat ook oor die proses wat gevolg word as nuwe projekte uitgedink word.

Saterdag 26 Maart 2016

27 Mar 2016

Vind uit waar jy 'n komeet, wat tans sigbaar op die suidelike horison is, kan sien. Hennie Maas en gaste bespreek eksoplanete met eksentrieke wentelbane en wat presies 'n bruin-dwerg is.

Saterdag 19 Maart 2016

20 Mar 2016

Die grootste sigbare meteoriet impakterrein op aarde is die een by Vredefort in die Vrystaat. Hennie Maas vertel meer oor 'n ander impakterrein geleë onder die see in die Golf van Meksiko wat blykbaar die dinousorusse uitgewis het. Vind ook uit oor die Marssending van die Europese Ruimte agentskap.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: