12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Taaldinge

Sondag 22 Augustus 2021

Taaldinge 22 Augustus 2021

Sophia Kapp, VIvA se taaladviseur, praat oor naamwoorde. Dis deel van ‘n reeks oor woordsoorte, wat veral vir Afrikaans onderwysers, leerlinge en ouers waardevol kan wees.

Sondag 15 Augustus 2021

Taaldinge 15 Augustus 2021

Drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae. Die herkoms van uitdrukkings soos tou opgooi en die hasepad kies, en woorde soos fundi en neofiet word bespreek.

Sondag 8 Augustus 2021

Taaldinge 8 Augustus 2021

Prof. Quentin Williams, direkteur van die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit by die UWK, vertel meer oor die Drietalige Woordeboek van Kaaps wat onlangs bekend gestel is.

Sondag 1 Augustus 2021

Taaldinge 1 Augustus 2021

In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT luisteraars se vrae oor onder meer kritiek en krities; en braaf en dapper.

Sondag 25 Julie 2021

Taaldinge 25 Julie 2021

Die Universiteit van Johannesburg ken al vir meer as twee dekades pryse toe vir kreatiewe skryfwerk in Afrikaans, en reeds vir ‘n geruime tyd ook in Engels. Nou is daar vir die eerste keer ook pryse ingestel vir Zoeloe en Noord-Sotho/Sepedi en vir vertaling. Prof. Marné Pienaar, hoof van die Kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ, vertel meer hieroor. 

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: