16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Nou op die lug: 19:00 - 19:05

Nuus

Volgende: 19:05 - 19:15

Kiskenades

19:15 - 19:20

Aandgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 13 Oktober 2020

Vers en Klank 13 Oktober 2020

Anrich Herbst lees gedigte voor uit Gelykmaker - Covid 19 gedigte, saamgestel deur Fanie Marais. Dis opgedra aan slagoffers van Covid-19 en aan elkeen wat deur 'n ondenkbaar veranderde leefwyse ingrypend geraak is sedert Maart 2020. Die gedigte waarna ons luister is verskillende mense se perspektiewe op die inperking en grendeltyd wat Covid-19 tot gevolg gehad het asook die hartseer, afsondering en die verlies aan lewe en werk. Om vir 'n oomblik stil te staan voor die gejaagdheid ('n virus van 'n ander aard) ons weer beetkry en nie te vergeet nie. Nie vas te klou nie, maar te ont-hou wat met ons gebeur het. Om ons bewus te maak van die wye spektrum van belewenis wat mense het. Soos iemand gesê het: Dis dieselfde storm, maar ons is nie almal in dieselfde bootjie nie. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 6 Oktober 2020

Vers en Klank 6 Oktober 2020

Waldemar Schultz lees gedigte voor uit Johan Myburg se Uittogboek, wat vanjaar met die Hertzogprys bekroon is. Die digter is vir baie van ons luisteraars geen onbekende nie omdat hy ook op Skrywers en Boeke gesels rakende internasionale letterkunde. Hy is verder ook kunsskrywer. Uittogboek is Myburg se vierde digbundel. Hy het 25 jaar gelede ook die Eugene Marais-prys met sy bundel Kontrafak gewen. Soos Tom Gouws in sy resensie skryf: Myburg is 'n digter wat hom langsaam haas - hy word bepaald nie deur 'n publikasiewaansin gedryf nie - maar dis absoluut die wag werd. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 29 September 2020

Vers en klank 29 September 2020

Chris van Niekerk lees gedigte oor diere uit die bloemlesing, Faune, saamgestel deur T.T. Cloete. Daar is verse van Totius, C.L. Leipoldt, J.F.E. Celliers, C.M. van den Heever, W.E.G. Louw, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Uys Krige, Elisabeth Eybers en B.J. Toerien. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 22 September 2020

Vers en klank 22 September 2020

Die akteur, skrywer, regisseur, vervaardiger en musikant Gideon Lombard deel sy daaglikse ritme en ervaring aan die hand van gedigte deur Lina Spies, Joan Hambidge, Loftus Marais, Carel Anthonissen, T.T. CLoete en Louw Venter. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 15 September 2020

Vers en klank 15 September 2020

Rolanda Marais lees gedigte oor kleur en ons digters se kleurryke waarnemings. Daar is verse deur Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Petra Müller, Johann de Lange, H.J. Pieterse, Ingrid Jonker, Eveleen Castelyn en Johannes van Jerusalem. See omnystudio.com/listener for privacy information.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: