23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Jaco de Waal

Jaco de Waal

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 11 Augustus 2020

Vers en klank 11 Februarie 2020

Dis Vrouemaand, en in Augustus luister ons na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit die bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Jy kan uitsien na gedigte deur Marlise Joubert, Lina Spies, Rosa Keet, Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Joan Hambidge, Ronel Nel, Antjie Krog, Riana Scheepers en Olga Kirsch. Martelize Kolver is die voorleser. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 4 Augustus 2020

Vers en klank 4 Februarie 2020

Dis Vrouemaand. Luister na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit 'n nuwe bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Cintaine Schutte lees verse van Fransi Phillips, Marlise Joubert, Bibi Slippers, Antjie Krog, Petra Müller, Corne Coetzee en Sarina Dönges. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 28 Julie 2020

Vers en Klank 28 Julie 2020

Luister na enkele van die mooiste toonsettings in Afrikaans. Jy kan uitsien na gedigte deur C. Louis Leipoldt, Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw, Adam Small, W.L. van der Merwe, Antjie Krog, Koos du Plessis en Petra Müller. Die uitvoerende kunstenaars is Gert Vlok Nel, Laurika Rauch, Leon Gropp en Anna Davel, Tygerberg Kinderkoor, Inge Beckmann, Dean Balie, Laurinda Hofmeyr, Koos du Plessis en Lize Beekman. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 21 Julie 2020

Vers en Klank 21 Julie 2020

Luister na gedigte uit T.T. Cloete se tiende digbundel van 2014, Karnaval en Lent. Dit is 'n tydlose bundel wat vrae vra oor die aard van die mens, die aarde en die dood. De Klerk Oelofse lees 'n paar van sy gunsteling gedigte uit hierdie omvangryke bundel deur sy gunsteling digter voor. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 14 Julie 2020

Vers en Klank 14 Julie 2020

Joanie Combrink lees gedigte oor die winter deur van ons land se mees deurwinterde digters. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, Wilma Stockenström, Marlise Joubert, George Weideman, N.P. van Wyk Louw, Sheila Cussons en Elisabeth Eybers. See omnystudio.com/listener for privacy information.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: