15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:30

Sondag met Fritz

Met Fritz Klaaste

Fritz Klaaste

Volgende: 17:30 - 18:00

Spesiale uitsending

Met Elsje van Jaarsveld

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 28 April 2020

Vers en Klank 28 April 2020

Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van die op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 21 April 2020

Vers en Klank 21 April 2020

Die bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Friede van den Heeerv in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek." See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 14 April 2020

Vers en Klank 14 April 2020

Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosio­politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met 'n diep menslikheid hanteer. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Vrydag 10 April 2020

Vers en Klank 10 April 2020

Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesersvan gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en N.P. van Wyk Louw. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 7 April 2020

Vers en Klank 7 April 2020

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos 'n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind. See omnystudio.com/listener for privacy information.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: