11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nic de Jager

Volgende: 13:00 - 13:05

Nuus

13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 7 Julie 2020

Vers en Klank 7 Julie 2020

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit die digter en sanger, Gert Vlok Nel, se debuutbundel, om te lewe is onnatuurlik, waarvoor hy in 1995 die Ingrid Jonker-prys ontvang het. Soos Joan Hambidge skryf: "Gert Vlok Nel het met een digbundel kultusstatus bereik." Dis 25 jaar later, maar steeds is die tydlose gedigte daarin aangrypend. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 30 Junie 2020

Vers en Klank 30 Junie 2020

Tinarie van Wyk Loots lees gedigte voor uit die literêre vertaler, dosent en digter Gisela Ulyatt se debuutbundel, Die waarheid oor duiwe, wat vanjaar verskyn het. "Die bundel is 'n besondere versameling verse oor kortstondigheid, broosheid en verganklikheid" - Amanda Lourens. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 23 Junie 2020

Vers en Klank 23 Junie 2020

Petru Wessels en Carel Trichardt lees goue gedigte, meestal klassiek en baie bekend, met hier en daar 'n uitsondering. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Hans Andreus, Ina Rousseau, Totius, Breyten Breytenbach, Theunis Engelbrecht, D.J. Opperman, Boerneef, Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw, Jan F.E. Cilliers en Philip de Vos. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 16 Junie 2020

Vers en Klank 16 Junie 2020

Petru Wessels en Carel Trichardt lees goue gedigte voor, meestal klassiek en baie bekend, met hier en daar 'n uitsondering. Jy kan uitsien na gedigte van Breyten Breytenbach, Totius, Lina Spies, Eugene Marais, N.P. van Wyk Louw en Mardene Marais. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 9 Junie 2020

Vers en Klank 9 Junie 2020

Nicole Holm lees gedigte voor uit Jeanne Goosen se laaste bundel wat vroeër vanjaar verskyn het: Het jy geweet ek kan toor? Die digter, dramaturg, kabaret-, prosa en rubriekskrywer is verlede week oorlede. See omnystudio.com/listener for privacy information.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: