11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nic de Jager

Volgende: 13:00 - 13:05

Nuus

13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 25 Februarie 2020

Vers en Klank 25 Februarie 2020

Martelize Kolver lees gedigte met die tema, DIGTERS IN GESPREK MET HEILIGES. Mense wat, in Adam Small se woorde, deurdrenk is van ware menslikheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Koos van der Merwe, Johann de Lange, Sheila Cussons, I.L. de Villiers, N.P. van Wyk Louw, Ina Rousseau, Tom Gouws, Clinton V. du Plessis en Mellet Moll. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 28 Januarie 2020

Vers en Klank 28 Januarie 2020

Bome het 'n onbeskryflike uitwerking op die mens se psige waaroor ons digters so dikwels skryf. Joanie Combrink en Charlton George is die voorlesers van gedigte deur Adam Small, Marlise Joubert, Antjie Krog, De Waal Venter, Hilda Smits, Louis Esterhuizen, Christo van der Westhuizen, Jan de Bruyn, Daniel Hugo, Nini Bennett en Johann de Lange. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 21 Januarie 2020

Vers en Klank 21 Januarie 2020

Luister na gedigte oor berge, daardie fassinerende landskappe wat so bepalend is vir lewe. Wessel Pretorius is die voorleser. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, Pieter Odendaal, De Waal Venter, Ronelda Kamfer, Marlise Joubert, Daniel Hugo en Louis Esterhuizen. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 14 Januarie 2020

Vers en Klank 14 Januarie 2020

Luister na van die mooiste gedigte deur Petra Müller wat vanjaar 85 jaar oud is. Dit sou baie moeilik wees om die Afrikaanse digkuns en boekebedryf in sy geheel sonder haar in te dink. Die verse waarna jy kan uitsien, kom uit die bundels Die aandag van jou oë en Om die gedagte van geel. Juanita Swanepoel is die voorleser. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 7 Januarie 2020

Vers en Klank 7 Januarie 2020

Digter Hannes Visser praat oor sy bundel DIE JAAR TOE PA... wat in 2019 uitgegee is. Dit is 'n roerende terugblik op sy lewe. Dit is die jaar 1967. 'n Tienjarige seun in 'n disfunksionele mynwerkshuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan, en help om sin te gee aan wat om hom gebeur. Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatstelsel in die jare sestig en die wyse waarop 'n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan. See omnystudio.com/listener for privacy information.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: