00:00 - 05:25

Deurnag (Vrydag)

Nou op die lug: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

Eloise Pretorius

Volgende: 05:55 - 06:00

Ikra

06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kat en hond

Saterdag 29 Augustus 2020

Kat en hond 29 Augustus 2020

Kos en nogmaals kos is op die spyskaart. Lizma van Zyl gesels verder met dr. Morné de Wet oor die belangrike keuses wat ons moet maak afhangende van ons troeteldiere se grootte, ouderdom en gesondheid. Hy verduidelik dat kos eintlik medisyne kan wees, en beantwoord twee interessante vrae van besorgde troeteldiereienaars.

Saterdag 22 Augustus 2020

Kat en hond 22 Augustus 2020

Die regte kos is noodsaaklik om te verseker dat ons troeteldiere gesond is en 'n goeie lewenskwaliteit het. Lizma van Zyl gesels met dr. Morne de Wet oor die magdom produkte op die mark, en wat ons in gedagte moet hou wanneer ons daardie belangrike koskeuses maak. Hy vertel ook watter kosse en versnaperings om ten alle koste te vermy.

Saterdag 15 Augustus 2020

Kat en hond 15 Augustus 2020

Ons troeteldiere is lief vir verken, maar smul dikwels tydens uitstappies aan allerhande vreemde en gevaarlike dinge. Lizma van Zyl gesels met veearts dr. Dirk Greyling oor wat in 'n krisis gedoen moet word, en gee wenke oor goeie katboks-gewoontes. En tydskrifman Pieter Hugo vertel van sy spierwit kat met haar spesiale behoeftes.

Saterdag 8 Augustus 2020

Kat en hond 8 Augustus 2020

'n Duitse vrou wat haar toevlug in Suid-Afrika kom soek het, skep onder moeilike omstandighede 'n veilige hawe vir katte en honde op Hermanus. Lizma van Zyl vertel die verhaal van Yvonne Wurster en gesels ook met twee ander besonderse vroue wat saam met Yvonne werk en haar bemagtig om daagliks diere te kan red.

Saterdag 1 Augustus 2020

Kat en hond 1 Augustus 2020

Ons troeteldiere het tydens grendeltyd so gewoond geraak aan ons geselskap, en baie sukkel nou met die aanpassing om weer bedags alleen te wees. Lizma van Zyl gee wenke hoe om jou diere veilig en vrolik te hou terwyl jy by die werk is of vir lank moet uitgaan. Sy gesels ook met 'n voormalige nuushond, wat nou 'n hondedagsorgdiens het, en digter Danie Marais praat oor sy Levinia, soos net 'n woordmeester kan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: