05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

Nou op die lug: 05:55 - 06:00

Ikra

Volgende: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kat en hond

Saterdag 7 November 2020

Kat en hond 7 November 2020

‘n Groep vrywilligers werp alles in die stryd om die verkoop van troeteldiere op straat stop te sit. Lizma van Zyl praat met een van dié diereliefhebbers, Carla Erasmus van Kaapstad. Ons hoor ook hoe dit met Champ die Labrador gegaan. Sy redding onlangs het mense se verbeelding aangegryp, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook elders in die wêreld.

Saterdag 31 Oktober 2020

Kat en hond 31 Oktober 2020

Sy word Sondagoggende op RSG gehoor, maar staan ook agter die stuur van die stasie se sake. Dis Magdaleen Krüger met wie Lizma van Zyl gesels. Magdaleen is ‘n groot diereliefhebber, en haar twee katkinders is haar hart se punt. Sy vertel van Katarina wat sy tydens grendeltyd verloor het, en hoe sy haar huis vir ‘n paar weke ná die aankoms van Sofia agter slot en grendel moes plaas.

Saterdag 24 Oktober 2020

Kat en hond 24 Oktober 2020

Dana Snyman is nie net ‘n bekende joernalis en skrywer nie, maar ook ‘n groot diereliefhebber. Lizma van Zyl kuier by dié Weskusser, wat onder meer vertel hoe betrokke sy brakke by sy skryfproses is. Dana vat ons ook terug na sy ontmoeting met optelhond Blackie, wat menige Suid-Afrikaner destyds in trane gehad het.

Saterdag 17 Oktober 2020

Kat en hond 17 Oktober 2020

Soos mense nie op hulle oudag aan die genade uitgelewer wil word nie, wil ons troeteldiere ook nie. Lizma van Zyl gesels oor iets wat haar na aan die hart lê – die versorging van bejaarde diere. Dr. Morné de Wet gee mediese en ander wenke, en Kathy de Kock van Kaapstad vertel hoe ‘n rugsak hulle Ruby in staat stel om dié gesin se buitelug-avonture nog ten volle te kan geniet.

Saterdag 10 Oktober 2020

Kat en hond 10 Oktober 2020

Min dinge gee diereliefhebbers soveel bevrediging as om vir 'n kat of hond wat sonder heenkome is, 'n vir-altyd huis te gee. Aanneming gaan egter aanvanklik altyd gepaard met 'n paar uitdagings. Lizma van Zyl gesels met 'n dieregedragskenner oor wat dit verg om die band tussen mens en nuwe troeteldier suksesvol te smee, en hoor hoe 'n stadswoef binne 'n japtrap, plaaswoef geword het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: