11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kat en hond

Saterdag 12 Desember 2020

Kat en hond 12 Desember 2020

Die feesseisoen is hier, en terwyl mense lekker kuier, is daar baie diere wat ly weens eienaars se nalatigheid en onverskilligheid. Lizma van Zyl gee ‘n paar wenke oor troeteldierversorging in die vakansietyd, en kuier by die bekende radio- en televisie-aanbieder Suzaan Steyn wat haar spesiale reis met troeteldiere deel. Dr. Morné de Wet beantwoord ook ‘n paar interessante luisteraarsvrae.

Saterdag 5 Desember 2020

Kat en hond 5 Desember 2020

Mense wat in dierewelsyn werk verdien almal se respek. Hulle gee hulle kosbare tyd, dikwels teen min of geen betaling. Iemand wat haarself daagliks oor diere ontferm en ‘n verskil in talle katte en honde se lewe maak, is oudomroeper Christine Wessels. Lizma van Zyl gesels met haar oor haar uitdagende werk en die welsynskwessies wat haar na aan die hart lê.

Saterdag 28 November 2020

Kat en hond 28 November 2020

Dierekommunikeerders, of -sieners, is ‘n omstrede onderwerp. Lizma van Zyl het ondersoek gaan instel hieroor. Sy gesels met ‘n dieresiener en -kommunikeerder van die Overberg, wat van kleins af al met diere praat. Sy praat ook met een van die siener se kliënte wie se kat vermis geraak het, om te hoor of siener Antjie kon help.

Saterdag 21 November 2020

Kat en hond 21 November 2020

Lizma van Zyl gesels met skrywer Jan Vermeulen oor sy jongste boek oor hondegevegte. Sy maak ook ‘n draai by rubriekskrywer Maretta Bellingan wie se humoristiese staaltjies oor haar dierekinders, die lagspiere sal kielie.

Saterdag 14 November 2020

Kat en hond 14 November 2020

Van langtafels wat kreun onder die keurigste kos kan jy haar niks vertel nie, want Isabella Niehaus en haar Duinhuis is al volksbesit. Wat baie mense nie weet nie, is dat dié bobaas sjef en kosskrywer ook passievol is oor diere. Lizma van Zyl gesels met Isabella oor wat sy haar “dieretuin” noem. Lizma kuier ook by dr. Hector Dreyer wat ‘n paar luisteraarsvrae oor hulle troeteldiere beantwoord.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: