07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kat en hond

Saterdag 16 Januarie 2021

Kat en hond 16 Januarie 2021

Talle mense skaf oor die feestyd babahondjies aan sonder om te besef met wat se verantwoordelikheid dit gepaard gaan.  Lizma van Zyl praat met dr. Ingrid de Wet, 'n veearts, oor die noodsaaklikheid van aandag en opleiding wanneer jy ‘n babahondjie deel van jou gesin maak. Sy gee raad oor waar om te gaan aanklop vir klasse, en wat jy self kan doen om ‘n rustige, goed gebalanseerde hondekind te hê.

Saterdag 9 Januarie 2021

Kat en hond 9 Januarie 2021

Die mense wat haar ken, beskryf haar as ‘n engel in die dierewêreld. Dis Micky Schlachter van die Universiteit van Johannesburg wat haar daagliks oor wilde katte én ander diere ontferm. Lizma van Zyl gesels met Micky, en gaan loer weer in by joernalis Marguerite van Wyk wat, ná die dood van haar lieflingkat, ‘n nuwe huismaat het.

Saterdag 2 Januarie 2021

Kat en hond 2 Januarie 2021

Die mooimaakkoning van Suid-Afrika is aan die woord, maar Hannon Bothma gesels dan nié grimeersake nie. Hy vertel vir Lizma van Zyl van die reuse rol wat sy hondekinders in sy lewe speel, en spreek ook sy wense uit vir ons dierevriende vir die nuwe jaar.

Saterdag 26 Desember 2020

Kat en hond 26 Desember 2020

Skrywer Riana Scheepers is ‘n groot diereliefhebber. Sy vertel vir Lizma van Zyl van die vierbeniges wat haar lewe daagliks verryk, en hoe dit haar skryfwerk beïnvloed. Riana lewer ook ‘n kragtige boodskap oor die noodsaaklikheid daarvan dat diere met respek behandel moet word en dat daar verantwoordelikheid geneem word vir hulle lewens.

Saterdag 19 Desember 2020

Kat en hond 19 Desember 2020

Hy is geliefd onder en bekend aan elke Suid-Afrikaner - nuusman Riaan Cruywagen. Dié gesoute joernalis en aanbieder het ook ‘n hart vol deernis vir ons vierbeenvriende. Lizma van Zyl gesels met Riaan oor hom en sy vrou Riana se groot liefde vir diere en Riaan se wens vir ons vierbeenvriende hier oor die feesseisoen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: