11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kat en hond

Saterdag 20 Februarie 2021

Kat en hond 20 Februarie 2021

Daar is nie baie mense wat die wil of geduld het om vir ‘n verwaarlooste, wilde kat, ‘n huis te gee nie. Marian van Wyk van die tydskrif TUIS het egter dié uitdagende pad gestap met haar Nebukatneser – ‘n kat wat vir lank nie sonder handskoene aangepak kon word nie. Lizma van Zyl gesels met Marian oor haar uitdagende reis met dié diertjie, en katafrigter en -gedragskenner Madré Henderson staan reg met uitstekende wenke vir wanneer so ‘n kat jou pad kruis.

Saterdag 13 Februarie 2021

Kat en hond 13 Februarie 2021

Die siggestremde Matiestudent Michelle Nell is nie net ‘n uitblinker op akademiese gebied nie, maar ‘n inspirasie vir almal met haar ingesteldheid teenoor die lewe. Lizma van Zyl kuier by Michelle en gesels oor haar groot hartseer - om afskeid te neem van haar geliefde gidshond Donna wat ná 12 jaar aftree. Michelle deel ook wenke aan siende mense oor die hantering van blinde persone en hulle gidshonde.

Saterdag 6 Februarie 2021

Kat en hond 6 Februarie 2021

Dit is traumaties om ‘n troeteldier te verloor. Iemand wat al bykans twee maande lank naarstigtelik na haar hondekind soek, deel haar ervaring. Lizma van Zyl gesels met Soné Louw van Pretoria oor haar verbete stryd om haar beagle, Luke, op te spoor. Lizma gesels ook met dieregedragskenner Jackie Hayman oor wat ons te doen staan wanneer ons vierbeenkinders vermis raak.

Saterdag 30 Januarie 2021

Kat en hond 30 Januarie 2021

‘n Groep vriende se liefde vir hulle troeteldiere en hulle behoefte aan antwoorde nadat hulle hond- of katkinders weens kanker gesterf het, het tot baanbrekerswerk gelei. Lizma van Zyl gesels met Munnik Marais oor sy nuwe nie-regeringsorganisasie, SAACA, wat hom toespits op kanker onder huisdiere. Dr. Frans Pretorius wat ‘n belangrike lid van dié span is, verskaf waardevolle inligting en nuttige wenke.

Saterdag 23 Januarie 2021

Kat en hond 23 Januarie 2021

Sekere soorte lelies is uiters giftig vir katte. Lizma van Zyl het, danksy ‘n luisteraar, hiervan te hore gekom en by dr. MC Franken van die Hermanus Dierehospitaal gaan aanklop vir meer inligting. Hy beantwoord ook ‘n paar interessante vrae waarby baie troeteldiereienaars sal baat, soos hoe om jou hond, wat dalk ‘n ontsnappingskunstenaar is, veilig tuis te hou.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: