18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

My mooi dorp

Saterdag 10 Julie 2021

My mooi dorp 10 Julie 2021

Mari Hudson steek kers op by ’n groep wat al meer as 40 dorpe besoek het om te probeer help. Wat het hulle teëgekom? Hoe word hulp en verandering volhoubaar?

Saterdag 3 Julie 2021

My mooi dorp 3 Julie 2021

Al hoe meer munisipaliteite laat hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei bestuur, anders as in baie streke, dié vallei se water uiters doeltreffend, net om te sien hoe dinge by die plaaslike munisipaliteit skeefloop. Klink dit bekend? Kom leer uit die lesse van die vallei, en moedig jou munisipaliteit aan om na kundiges se raad te luister.

Saterdag 19 Junie 2021

My mooi dorp 19 Junie 2021

Probleme met watervoorsiening en dienslewering is besig om ernstige afmetings aan te neem in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika. In dié episode raak-raak ons aan die stand van sake in Lydenburg, Johannesburg, Deneysville, Bloemfontein en Koster en vind uit waar staan samewerking tussen die private en staatsektore.

Saterdag 12 Junie 2021

My mooi dorp 12 Junie 2021

Jou reg tot skoon water is in die Grondwet verskans, tog laat baie munisipaliteite hulle gemeenskappe in die steek wat die voorsiening van skoon water betref. Marí Hudson praat met die waterbeheerders van die Sondagsriviervallei, wat dié vallei se water uiters doeltreffend bestuur, maar die dinge dan by munisipaliteit skeef loop. Dié skema red ook tans vir Nelson Mandelabaai van Dag Zero.

Saterdag 5 Junie 2021

My mooi dorp 5 Junie 2021

Marí Hudson gesels met ’n jong taxibaas van die Sondagsriviervallei oor sy droom om die taxibedryf meer professioneel en respekvol te maak. Ken jy die taximense op jou dorp? Verstaan jy die toet-toet en stop-stop optredes?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: