15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Nou op die lug: 17:45 - 18:00

Brandpunt

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Kuns met kontant 29 November 2023

29 November 2023

“Laat die meetsnoere vir jou in lieflike plekke val, blaas hoog die vlam, wees goed vir jou naaste (ook vir die diere en die aarde). Ons val aan met eerste lig! Die wapens is handtertjies!” Met hierdie bekende woorde, groet Nic de Jager luisteraars elke Sondagmiddag op RSG tydens Nic se Goed. Dié program het al ‘n anker in baie van ons se week geword wanneer Nic met geestige ingeligtheid sy gedagtes oor die week se gebeure begin deel so asof ‘n mens terloops met hom gesels. Hy is ook lief daarvoor om luisteraars tydens sy program gerus te stel met sy woorde dat “alles eindelik oukei sal wees”. Hy deel in hierdie openhartige gesprek met Henco waarom hy vandag op 83-jarige ouderdom finansieël oukei is.


DOR deur Anton Treurnich – Episode 53

Mia en Ruby beland op ‘n goederetrok op pad Kaapstad toe. Hulle bespreek die plan vir hulle groot aanval. Romulus, Rachel en Max wag nog op die gevangene wat hulle moet saamneem Kaapstad toe. Rachel en Romulus kom glad nie oor die weg nie.


Gesondheid 29 November 2023

Hoe het die nieroorplanting waaroor ons verlede week gewag het, afgeloop? Mari Hudson gesels met die nier ontvanger Elna Durr en haar nierskenker Allison Griffiths, en ook met die ontvanger Pieter-Jans Durr en sy skenker.


Word immergroen oud 29 November 2023

Verouderingskenner Annie Coetze praat oor hoe stres elke orgaan in jou lyf affekteer.


GrootBek op Kleinmond

Op Klein-Mond gaan daar hierdie vakansie ‘n paar Groot-bekke wees.


Gelasgsgeweld op SA-kampusse

Die veldtog vir 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders het oor die jare waardevolle bewustheid geskep oor die diepgaande vlaag van geslagsgebaseerde geweld wat aanhou om ons land te teister. Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, het onlangs ernstige kommer uitgespreek oor die misdaadsyfers in Suid-Afrika. Meer as drie kinders en twaalf vroue is daagliks oor ’n tydperk van 90 dae, tussen Oktober en Desember verlede jaar, in Suid-Afrika vermoor, terwyl meer as 21 000 vroue en kinders pogings tot moord oorleef het. Vroue op kampusse van hoëronderwysinstelling spring nie geslagsgebasseerde geweld vry nie. Ons praat vanoggend hieroor met professor Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.


Sakenuus 29 November 2023

Dawie Roodt van die Efficient-Groep gesels oor privaat ekwiteitsbeleggings – goed of sleg?


Die Staatsdienspensioenfonds – Deel 12

Sondag op Rand en Sent het Jody Hendricks en sy gas Tracey Peters van die GEPF oor die Staatsdienspensioenfonds gesels. Ons sit die gesprek met Tracey voort, en sy reageer op luisteraars se vrae.


Solidariteit weer by VN oor raswette

Die Solidariteit-beweging is weer by die Verenigde Nasies oor raswetgewing. Dit volg na ‘n ooreenkoms vroeër vanjaar met die regering gesluit is oor rasvereistes in die arbeidswetgewing. Ons praat nou hieroor met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit wat in Genève in Switzerland, by die VN is.


Wat jy vandag moet weet 29 November 2023

Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: