23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Spektrum 10 Junie 2020

10 Junie 2020

Die onderwysvakbond Eusa verloor sy hofaansoek om skole te laat sluit weens die Covid19-pandemie; Ons kry ook reaksie op die beslissing; Die tabakvereniging, Fita vra vandag in die Hooggeregshof in Pretoria dat die verbod op die verkoop van takbakprodukte opgehef word; en Suid-Afrika se betrokkenheid by die destydse moord van Olof Palme kon nie bevestig word nie….


Spektrum 1 Junie 2020

1 Junie 2020

** Die Minister van Onderwys vra om verskoning….ons praat met kenners oor die onderwyssituasie…
** Gewelddadige botings duur voort in die VSA – ons praat met ‘n politieke ontleder.


Bellavistakool staan leerders by

5 Mei 2020

Arbeidsterapeut en onderwyser Annelize Clarke gesels met Martelize oor vroeë intervensie by leerders wat leerprobleme ervaar. Sy vertel ook van die Bellavistakool in Johannesburg wat vanjaar 50 jaar oud is, en die hulpbronsentrum, Bellavista SHARE, wat kinders bystaan wat sukkel met skoolwerk of emosionele ondersteuning nodig het.


Groeipyne 19 Maart 2020

19 Maart 2020

Johan van Lill praat met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor hoe ouers en versorgers die internet kan gebruik om sinvolle, stimulerende en leersame gesprekke met hulle kinders te hê. Ons verwys spesifiek na voorbeelde van TEDtalks wat mense kan gebruik om uitdagende situasies met hulle tieners te hanteer.


RASTA – AGTER DIE ROOKSKERM deur Johan Rademan

24 Augustus 2017

Judah Square is die grootste Rastafari-gemeenskap in Suid- Afrika. Johan Rademan het die nedersetting met 27 gesinne in Khayalethu buite Knysna besoek, waar hy die waardes, lewensbeskouing, simboliek en menswees van die Rastafari ondersoek het. Nadat die munisipaliteit in 1993 grond aan die gemeenskap toegeken het, het dit ‘n produktiewe en in ‘n groot mate selfvoorsienende gemeenskap geword. Skool, kerk, behuising, m.a.w. al die normale behoeftes van mense, tref ‘n mens hier aan, maar die geestelike ingesteldheid en lewensbeskouing lewer interresante ontdekkings op. Broer Zebulon Afrikaner lei ons deur die gemeenskap en ons ontmoet Hoofman Maxie wat vertel van Bob Marley en Haille Selasie I van Ethiopië se motivering in hulle daaglikse handel en wandel. Die oudstes, die vroue, onderwysers en kunstenaars gesels saam. ‘n Besoek aan die altaar met lofprysinge is ook aangrypend. Rasta-lokke en dagga-dampe wat Broer Jabu al 27 maal met die gereg laat bots het, word ook bespreek.


17 Jan 2016

16 Januarie 2016

Johan van Lill gesels oor tuisonderwys met Leendert van Oostrum, ‘n kenner op die gebied van tuisonderwys, en Yvonne Adams, ‘n ma wat al etlike jare lank tuisonderwys met haar seun doen.


18 Dec 2014

18 Desember 2014

Hoe kan skoolhoofde en ander leiers by skole, soos departementshoofde en beheerliggame, met beter leierskap en bestuursvaardighede toegerus word? Ons praat met Louise van Rhyn, ‘n onderwysaktivis en die stigter van Partners for Possibility.


13 Jun 2014

12 Junie 2014

Johan van Lill praat oor die verslag van die Wêreld Ekonomie Forum wat Suid-Afrika se wiskunde en wetenskaponderrig as die swakste uit 148 lande gegradeer het.


5 Jan 2014

4 Januarie 2014

Xolisa Guzula is ʼn taal- en geletterdheidskenner by die Nelson Mandela Instituut vir Onderwys en Landelike Ontwikkeling. Die instituut bevorder geletterdheid in landelike gebiede in die Oos-Kaap.


Nadine Gordimer oor stand van sake in SA

31 Julie 2012

Die Nobel-pryswenner vir letterkunde, Nadine Gordimer, sê sy betreur die situasie van totale wanorde in Suid-Afrika se onderwysstelsel. Gordimer het in ‘n ekslusiewe onderhoud met SAUK Radionuus haar verontwaardiging uitgespreek oor die handboek-skandaal wat die land teister. Wat vryheid van uitdrukking betref, glo sy dat president Jacob Zuma self verantwoordelik is vir enige beweerde aantasting van sy waardigheid in kunswerke wat hom uitbeeld. Sy sê ook sy sal voortgaan om die sogenaamde geheimhoudingswetsontwerp te opponeer. Nadine Gordimer het met Angie Kapelianis gepraat, wat hierdie verslag vir ons saamgestel het.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: