19:20 - 19:30

Nal'ibali

Nou op die lug: 19:30 - 20:00

Kompas

Met Chloè van Rooyen

Chloè van Rooyen

Volgende: 20:00 - 21:00

inTune

Met Fran-Rico Lucas

21:00 - 21:10

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

24 Jul 2013

24 Julie 2013

Corina van der Spoel gesels met Boris Gorelik, ‘n Russiese joernalis wat ‘n boek geskryf het oor ons eie Vladimir Tretchikoff. Ilse Salzwedel gesels met Madeleine Volschenk oor haar debuutroman ELKE DOGTER HET ‘N MA, die naaswenner in die debuutafdeling van NB se romanwedstryd 2012. Johan Myburg deel interessante nuus oor internasionale skrywers en hulle boeke, onder meer oor die macho Ernest Hemingway se bakleierige streep. Marion Erskine vertel van sy virtuele leeskring, die Lekkerlees Boekrak. Hierdie Facebookgroep is al in 2009 gestig en het lede van oral in die wêreld. Terrance April se Afrika-skrywer van die week is Thomas Mofolo van Lesotho.


17 Jul 2013

17 Julie 2013

Ilse Salzwedel praat met die Sestiger, Chris Barnard, oor sy loopbaan en gunsteling boeke. Sy praat ook met Deon Meyer, topverkoperskrywer van spanningsverhale, oor nuwe werk uit sy pen, asook oor Die Laaste Tango, die film waarvan hy nie net die draaiboek geskryf het nie, maar ook die regie behartig het. Johan Myburg praat oor die ondersoek na die oorsaak van die dood van die digter Pablo Neruda, asook oor Khaleid Houssini se jongste boek And the mountains echoed. Terwyl die wêreld gons oor die feit dat J.K. Rowling al die tyd die ware skrywer is van The Cuckoo’s Calling, wat in April gepubliseer is onder die naam Robert Galbraith, praat ons bietjie oor skrywers en hulle skuilname. Daar is ook ʼn argiefonderhoud met die skrywer Mikro – sy regte naam was Christoffel Hermanus Kühn – wat vanjaar 110 jaar gelede gebore is. Die opname is sestig jaar gelede gemaak. Vandeesweek stel Terrance April die Afrikaskrywer Morabu Morjele van Lesotho aan ons voor.


10 Jul 2013

10 Julie 2013

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.


3 Jul 2013

3 Julie 2013

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.


26 Jun 2013

26 Junie 2013

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Berg oor sy spanningsroman, ʼn Ander mens, wat resensente gaande gehad het toe dit in 2004 as Nobody Dies in Nieu-Seeland uitgegee is. Doks Briers, programorganiseerder van die Vryfees se boekeprogram, vertel wat hulle alles beplan vir boekwurms. Daar is ook ʼn huldeblyk, wat onder meer ʼn onderhoud uit die argief insluit, oor die bekroonde spanningskrywer Piet Steyn, wat in Mei vanjaar oorlede is, enkele ure nadat hy ʼn radiodrama vir RSG geskryf het.


19 Jun 2013

19 Junie 2013

Ilse Salzwedel gesels met Cecilia Brits van LAPA oor die goeie verkope van ontspanningsfiksie ten spyte van die ekonomie. Ilse gesels ook met Carie Maas oor Koljander, haar debuutroman, en met Eben Venter oor sy jongste roman, Wolf wolf. Kobus Burger gesels met Johan Myburg oor internasionale letterkunde, en Corina van der Spoel en prof. Willie Burger gesels verder oor die kortverhaal as kunsvorm.


12 Jun 2013

12 Junie 2013

Die verhoogstuk Oskar en die pienk tannie (met Sandra Prinsloo), ryg steeds die verhoogpryse in. Kobus Burger gesels met prof. Naomi Morgan, die vrou wat gesorg het dat dié boek uit Frans in Afrikaans vertaal word. Ilse Salzwedel gesels met Petrovna Metelerkamp oor selfpublikasie. Johan Myburgh gesels oor wêreldletterkunde, onder meer oor die wenner van ʼn internasionale prys vir fiksie deur vroueskrywers.


5 Jun 2013

5 Junie 2013

Carina Diedericks-Hugo, bekroonde jeugboekskrywer, gesels oor haar geheim vir sukses. Ilse Slawedel gesels met Kerneels Breytenbach oor sy leeslysie en die boeke wat hy glo mens weer en weer kan lees. Kobus Burger gesels met Johan Myburgh gesels oor die herdenking van die Spaanse digter, Lorca, se geboortedag in 1914. Daar is nuus oor PEN Afrikaans se kortverhaalwedstryd. Ilse Salzwedel gesels met Malinda Lawrence, ‘n dosent by Wits, oor Afrikaanse letterkunde vir tweedetaal-sprekers. Terrance April vertel in sy weeklikse bydrae oor Afrika-skrywers meer oor Chris van Wyk.


1 May 2013

1 Mei 2013

Die skrywer Marita van der Vyfer gesels onder meer oor haar jongste boek, Die Blou van Onthou.


24 Apr 2013

24 April 2013

“Pyn is kreatief,” vertel die digter, skrywer en psalmverwerker T. T. Cloete. Hy praat oor die liefde, die mens se drie breine en sy jongste boek, DIE ANDER EEN IS EK. Volgens prof. Heilna du Plooy gee Cloete met hierdie boek vir sy leser toegang tot ’n groot stuk van die geestesgeskiedenis van die Westerse wêreld.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: