18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 18:30

Ons en die onderwys

Met Johan van Lill

Johan van Lill

Volgende: 18:30 - 19:00

Aanddiens

19:00 - 19:30

Só glo ek - die verhaal van godsdiens

Met Susan Booyens

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 12 Oktober 2022

12 Oktober 2022

Vind meer uit oor die Avbob-poësieprojek, en hulle betrokkenheid by RSG se huldigingskonsert ter viering van Antjie Krog se 70e verjaarsdag. Ilse Salzwedel gesels ook met Clinton V. Du Plessis, bekende digter en die Afrikaanse wenner van vanjaar se Avbob-projek. Johan Myburg gesels oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangaremgba, se vonnis vir sogenaamde aanhitsing tot geweld, ‘n biografie oor die Britse skilder Lucien Freud en meer oor die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, Annie Ernaux. Ilse gesels met Riaan Manser, die bekende avonturier en skrywer, wie se eerste avontuurkinderboek ‘n moet-lees is vir jong boekwurms.


Skrywers en boeke 5 Oktober 2022

5 Oktober 2022

Ilse Salzwedel gesels met Herman Lategan oor sy biografie HOERKIND. Johan Myburg bring hulde aan Hilary Mantel, gesels oor TS Elliot, en vertel wat beroepswedders se keuses is vir vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Suzette Myburg gesels oor vanjaar se Woordfeesbundel, en Nadine Petrick vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by Aardklop.


Skrywers en boeke 28 September 2022

28 September 2022

Suzette Myburg stel jou voor aan Engela Ovies, skrywer van DRAAIRIVIER (wat op RSG voorgelees is) en FLORA. Dibi Breytenbach gesels oor haar boeiende nuwe roman BUIT. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor Bernardine Evaristo se inspirerende memoir. Johan vertel ook meer oor Herman Hesse se roman Siddhartha wat vanjaar ‘n 100 jaar gelede verskyn het. Dan het hy ook nuus oor ‘n bundel kortverhale waarin 12 vroueskrywers kans kry om nuwe avonture uit te dink vir Miss Marple, een van die bekendste karakters uit die pen van Agatha Christie. Jy kan uitvind wie vanjaar bekroon is met die KykNET/Rapportboekpryse, die Jan Rabie/Rapportprys en ook wie aangewys is as die Afrikaanse boekresensente van die jaar. 


Skrywers en boeke 21 September 2022

20 September 2022

Margie Orford, ‘n Suid-Afrikaanse skrywer wat deesdae in Brittanje woon, gesels oor haar nuwe roman THE EYE OF THE BEHOLDER. Johan Bakkes vertel hoekom sy ou boeke heruitgegee word, en doen ‘n beroep op meer ondersteuning vir NALN. Hoor wie die wenners van die ATKV Woordveertjies en Kinderboektoekennings vir 2022 is. Johan Myburg gesels oor vertaalde boeke wat wêreldtreffers geword het, die Spaanse skrywer Javier Marias wat onlangs oorlede is en Simon Armitage, die Britse hofdigter, se laaste gedig vir wyle Koningin Elisabeth.


Skrywers en boeke 14 September 2022

14 September 2022

Marida Fitzpatrick gesels oor haar aangrypende roman MARA. Johan Myburg het nuus oor die gunstelinge vir 2022 se Bookerprys, die kortlys vir die Sunday Times Literary Awards en Peter Straub, ‘n goeie vriend en medewerker van die skrywer Stephen King, wat onlangs oorlede is. King se aanhangers kan meer uitvind oor ‘n nuwe boek uit sy pen, waaruit hy self ‘n stukkie voorlees. Daar is ook alles wat jy wil weet oor LAPA se jeugromankompetisie, en die Etienne van Heerden Veldsoiree wat van 23 tot 25 September op Cradock plaasvind.  


Skrywers en boeke 7 September 2022

7 September 2022

Ilse Salzwedel gesels met Engela Linda van Rooyen oor haar skryfloopbaan van meer as 60 jaar. Sy het tientalle boeke, honderde tydskrifverhale en ook radioverhale geskryf. DIEREPLAAS, die Afrikaanse vertaling van George Orwell se ANIMAL FARM, word tans op RSG voorgelees. Die vertaler Wium van Zyl verduidelik hoe hy die vertaling aangepak het. Johan Myburg het nuus oor nuwe prosa uit die pen van die Nobelprysbekroonde digter Louise Glück, en jy kan ook luister na ‘n bydrae oor die James Tait Black-prys se wenner en skrywers wat oor die hoof gesien is vir die Nobelprys. Stefaans Coetzee van die Sanctuary Boekfees vertel meer oor ‘n kortverhaalkompetisie vir hoërskoolleerders waarin groot prysgeld op die spel is.


Skrywers en boeke 31 Augustus 2022

31 Augustus 2022

Ilse Salzwedel gesels met Tinus le Roux oor sy boek DIE ANGLO-BOEREOORLOG IN KLEUR. Ina Strydom gesels met Joe Kleinhans, gewilde radioskrywer, oor sy lewe en skryfwerk. Daar is meer oor die ATKV-Woordveertjie finaliste vir 2022, nuwe boeke uit die pen van Maggie O’Farrell, Ian McEwan, Kamila Shamsie, William Boyd, Kate Atkinson en ook Salman Rushdie. Johan Myburgh vertel ook meer oor Yuval Noah Harari, en jy kan luister na ‘n greep uit ‘n onderhoud met Harari.


Skrywers en boeke 24 Augustus 2022

24 Augustus 2022

Marzanne Le Roux-Van der Boon, bekroon vir romans soos KLAPROSE TEEN DIE WIND en GRANATE BLOEI IN JERUSALEM, is oorlede. Jy kan luister na ‘n argiefonderhoud waarin sy in 2016 oor haar werk en lewe praat. Skrywer Elias P. Nel gesels ook oor sy jarelange skrywersvriendin. Johan Myburg vertel meer oor die talle mense wat al gesterf het of ernstig beseer is weens hulle verbintenis met Salman Rushdie se omstrede boek THE SATANIC VERSES, en het vrae oor vryheid van spraak as dit by letterkunde kom. Meer oor die Booker International-vertaalprys en Nicholas Evans, skrywer van THE HORSE WHISPERER, wat oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor die Montagu-boekfees wat eerskomende naweek plaasvind. 


Skrywers en boeke 17 Augustus 2022

17 Augustus 2022

Suzette Kotze Myburg gesels met Chase Rhys oor MISFIT: STORIES VANNIE ANNE KANT, sy bundel rubrieke en kortprosa. Daar is nuus oor die vier kortlyste vir die KYKNET/RAPPORT-boekpryse. In internasionale nuus bring Johan Myburg hulde aan die skrywer David McCullough en skrywer en illustreerder Raymond Briggs, wat albei onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor Neil Gaiman, pas aangewys as die wenner van die St. Louis-letterkundeprys, en bespreek die werk van die baie gewilde Brits Pakistanse digter Nikita Gill. As jy gewonder het waaroor gaan die bohaai rondom Salman Rushdie en THE SATANIC VERSES, kom luister saam.


Skrywers en boeke 10 Augustus 2022

10 Augustus 2022

Die digter Sheila Cussons is vandeesweek ‘n 100 jaar gelede oorlede. Jy kan luister na ‘n dokumenter oor haar lewe en werk. Johan Myburg vertel meer oor Babes in the Wood, ‘n nuwe Margaret Atwood-kortverhaalbundel, die kortlys vir die Ursula K. Le Guinprys vir wetenskapsfiksie en The Last White Man, Mohsin Hamid se nuwe roman.  Kom vind ook meer uit oor 14 Augustus se Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: