21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Spektrum 10 Oktober 2022

10 Oktober 2022

Regstreeks vanaf die Woordfees op Stellenbosch: Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, praat oor sy energieplanne vir die provinsie. Die Transnet-staking kan die ekonomie miljarde rand kos. Verskeie studentekwessies is onder die soeklig.


Monitor 10 Oktober 2022

Regstreeks vanaf die Toyota US Woordfees in Stellenbosch: Ons kyk na oudpresident Jacob Zuma, wat sy privaatvervolging teen die staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Mourn begin. Ons praat oor die jongste verwikkelings in Oekraïne, waar verskerpte militêre optrede die oorlog begin kenmerk. Bendegeweld in die Kaap is steeds een van die gebied se grootste probleme.


Skrywers en boeke 5 Oktober 2022

5 Oktober 2022

Ilse Salzwedel gesels met Herman Lategan oor sy biografie HOERKIND. Johan Myburg bring hulde aan Hilary Mantel, gesels oor TS Elliot, en vertel wat beroepswedders se keuses is vir vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Suzette Myburg gesels oor vanjaar se Woordfeesbundel, en Nadine Petrick vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by Aardklop.


Praat saam 9 Maart 2022

9 Maart 2022

Kunstefeeste begin hulle vere regskud vir feesgangers met die minder strenger Covid-inperkingsmaatreëls wat tans geld. Ons praat hieroor met Crispin Sonn, die KKNK se direksievoorsitter, en Saartjie Botha van die Woordfees.


Skrywers en boeke 13 Oktober 2021

13 Oktober 2021

Ilse Salzwedel gesels met Nicole Jaekel-Strauss oor haar roman, OM ALLEEN TE GAAN. Suzette Kotze-Myburgh vertel meer oor vanjaar se US Woordfeesbundel, getiteld IETS ANDERS,. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde, Abdulrazak Gurnah, wat ook een van sy kortverhale voorlees.


Skrywers en boeke 11 Augustus 2021

11 Augustus 2021

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy roman EEN OF ANDER HELD. Daar is nuus oor KYKNET RAPPORT BOEKPRYSE se kortlyste, afslag op Afrikaanse boeke ter viering van die KOOP-‘n- AFRIKAANSE-BOEK-dag eerskomende naweek en meer inligting oor die kortverhaalkompetisie vir die samestelling van die jaarlikse US Woordfeesbundel. In Johan Myburg se weeklikse bydrae oor die internasionale letterkunde gesels hy oor EJ Levy se roman THE CAPE DOCTOR en Maryse Conde se roman WAITING FOR THE WATERS TO RISE. Jy kan ook luister na twee gedigte deur die Jamaikaanse digter Jean “Binta” Breeze.


Flikker en Flash

9 April 2021

Cintaine Schutte vertel vir Martelize Brink van haar ervaring tydens Flikker en Flash by die Woordfees op Stellenboch.


Flikker & Flash

6 April 2021

Saartjie Botha gesels oor Flikker & Flash as deel van die US Woordfees se Kunstenaarsweek.


Skrywers en boeke 10 Februarie 2021

10 Februarie 2021

Elmari Rautenbach, die organiseerder van die US Woordfees se skrywersprogram, gesels met Ilse Salzwedel oor haar onlangse leeslekkertes, en jy kan luister na ‘n argiefbydrae oor die werk van JM Coetzee, wat op 9 Februarie  sy 80e verjaarsdag gevier het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die kortlys van die Dublin-letterkundeprys, ‘n boek oor klimaatfiksie op die Booker-kortlys en die skrywer agter een van die groot feministiese boeke van die vorige eeu.


Monitor 8 Februarie 2021 – Deel 2

8 Februarie 2021

Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport. Die Universiteit Stellenbosch se Woordfees het ‘n plan bedink om kunstenaars skeppend te hou.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: