23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Anthea Fredericks

Anthea Fredericks

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Leefwêreld van die gestremde 25 Februarie 2024

25 Februarie 2024

Fanie van der Merwe, ‘n Paralimpiese atleet wat Suid-Afrika by 3 Paralimpiese Spele verteenwoordig het, vertel wat hy deur sy mislukkings geleer het, en deel van die  oorwinnings wat hy daarna behaal het. Hy maak daagliks ‘n groot impak d.m.v. sy betrokkenheid by sport vir mense met gestremdhede. ‘n Blinde paartjie, Johannes en Jessica Gribb, vertel hoe hulle deelgeneem het aan ‘n 60 km fietsresies ter ondersteuning en bewusmaking van oogsorg en blindheid. Retina SA se Lindsay Engelbreght gesels saam.


Leefwêreld van die gestremde 18 Februarie 2024

18 Februarie 2024

Reinet Barnard praat oor haar rol as ‘n fisioterapeut by ‘n skool vir kinders met spesifieke behoeftes. Sy verduidelik hoe liggaamlike gestremdhede die leefwyse van kinders kan beïnvloed. Sy gee ook waardevolle wenke aan ouers.

Manie Blom is ‘n kranige atleet. Dié blinde sportman gesels oor sy passie en toewyding midde al die uitdagings om Suid-Afrika by die Paralimpiese Spele te verteenwoordig.


Leefwêreld van die gestremde 11 Februarie 2024

11 Februarie 2024

Jac-Marie Smith vertel hoe haar bejaarde ma deur gehoorverlies geraak word, en verduidelik die impak van ontkenning. Lynette Petersen, die bestuurder van Huis Silverkruin op Wellington vertel hoe haar personeel opgelei word om die menswaardigheid van ouer persone met gestremdhede te beskerm. Eiland Huis is ‘n nie-winsgewende organisasie aan die Weskus, waar hulle al langer twee dekades ’n veilige versoringstuiste bied aan kinders met gestremdhede.


Leefwêreld van die gestremde 4 Februarie 2024

4 Februarie 2024

Vincent Daniels was vier jaar oud toe sy ouers agterkom hy kyk anders na lig en donker. Hy vertel van sy lewensreis met retinitus pigmentosa, en hoe dit sy leefwêreld verander het. Lindie Fouché, ‘n sertifiseringsouditeur, vertel van mediese hulptoestelle wat gesertifiseer moet word in lyn met die voorwaardes van mediese fondse.


Leefwêreld van die gestremde 28 Januarie 2024

28 Januarie 2024

Ben Greyling vertel van sy vrese as ‘n ouer van ‘n intellektueel gestremde dogter. Hy praat oor die kwesbaarheid van al die betrokkenes, en die kommer wat by ouers bestaan oor wat van hulle kinders sal word wanneer hulle nie meer daar is nie. Andries Maree, die president van die SA Hengel Konfederasie, en Sekretaris van die SA Oewerhengel Federasie, gesels oor hengel as ‘n sport vir persone met gestremdhede. Hulle maak voorsiening vir persone met verstandelike sowel as siggestremdhede. Anta de Korte hengel in die Noord-Kaap, en het al haar federasiekleure verwerf. Sy vertel van haar hengelsportloopbaan.


Leefwêreld van die Gestremde 21 Januarie 2024

21 Januarie 2024

Die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysunie)  fokus op die ondersteuning en opleiding van onderwysers. Ons hoor van spesifieke opleiding aan onderwysers vir Leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes.


Leefwêreld van die gestremde 14 Januarie 2024

14 Januarie 2024

Daar is ‘n komitee wat toesien dat geldelike hulp van die publiek bv van Loslitdag eties bestee word, daar waar dit die nodigste is. Die Outeniqua Rystoel Wedren op George is ‘n  jaarlikse instelling vir uitsluitlik gestremde atlete met resies rolstoele. Die doel is vir gestremde atlete om skouer te skuur met ander SA Paralimpiese atlete.


Leefwêreld van die gestremde 7 Januarie 2024

7 Januarie 2024

Lana van der Westhuizen vertel hoe sy haar vier kinders met gestremdhede ondersteun en hoe sy daagkliks veg om aan elkeen die geleentheid te gee om tot volle potensiaal te kan ontwikkel. Ons hoor ook van die ontoeganklikheid van die skoolsisteem in die Noord-Kaap en hoe hul poog om dit aan te spreek – want kinders met gestremdhede is ook maar soos sy dit stel “net kinders soos enige ander kind”.


Leefwêreld van die gestremde 31 Desember 2023

31 Desember 2023

Dorothy-Anne Howitson vertel oor haar belewenis as kind, nadat haar pa met Alzheimers gediagnoseer is. Sy deel die intense hartseer toe sy moes toekyk hoe ‘n eens talentvolle, trotse man/pa in totale ander mens verander het. Ons vier ook eersdaags Louis Braille se verjaardag. Vanjaar is die tema – Wêreld Braille-Dag is twee honderd jaar van braille.


Leefwêreld van die gestremde 24 Desember 2023

24 Desember 2023

Michelle Nell is blind en sy vertel van haar PHD-studie wat oa handel oor die uitdagings van Graad 11 leerlinge met sigverlies itv beroepsvoorligting, ontwikkeling asook berading. Sy gee raad aan mense wat navorsing in die veld van sig-gestremdheid wil doen. Alta du Toit is ‘n residensiele en dagsorg sentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Dis ‘n omgee gemeenskap waar almal van die inwoners hulle volle potensiaal kan bereik en lewenskwaliteit  kan beleef. Van die inwoners en die personeel deel hul kersfees-wense.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: