15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Leefwêreld van die gestremde 8 Oktober 2023

8 Oktober 2023

Oktober is bewusmakingsmaand van persone van kort statuur. Melanie Lubbe bied hulp aan oor hoe om interaksie te vergemaklik en stigma uit die weg te ruim. Sakkie Blom vertel van die oogtoestand, Stargards, en hoe sig daardeur geraak word. Hy vertel ook hoe blindes toegang tot dokumente en aanhangsels in e-posse kan kry.


Leefwêreld van die gestremde 1 Oktober 2023

1 Oktober 2023

Fanie du Toit gesels met Andrian Davids wat blind is, en ander siggestremdes bystaan met opleiding en tegniese vaardighede om die arbeidsmark te betree. Jacqui January vind meer uit oor spierdistrofie.


Leefwêreld van die gestremde 24 September 2023

24 September 2023

Fanie du Toit vind meet uit van  die werksaamhede van die Paarl Skool se Ontwikkelingstigting. Jacqui January gesels met die ma van Hayley Holloway, ‘n energieke en sportiewe dogter, wat vroeër vanjaar met spierdistrofie gediagnoseer is.


Leefwêreld van die gestremde 17 September 2023

17 September 2023

Fanie du Toit hoor van pogings om mense met gestremdhede ekonomies onafhanklik te vestig. Hoe kan dit ontwikkel en volhoubaar in stand gehou word? January gesels met Frank Hunt. Sy vrou leef al vir 17 jaar met Alzheimers se siekte. Hy is besig om ‘n boek te skryf oor hulle lewe saam, en hoe die siekte hulle lewe verander het.


Leefwêreld van die gestremde 10 September 2023

10 September 2023

Fanie du Toit vertel van die prag en praal van Kaapstad se vlieërfees vir die bewusmaking van geestesgesondheid. Jacqui January kyk na die verskille tussen die simptome van Alzheimers se Siekte en normale veroudering.


Leefwêreld van die gestremde 3 September 2023

3 September 2023

Fanie du Toit gesels met Ronel van Dijk van Paarl Skool oor die gehalte van onderwys en opleiding wat skole vir kinders met spesifieke behoeftes aanbied. Die skool het al vele prestasies gehad, en ons hoor van die sportsoort, boccia. Jacqui January vind meer uit oor swemterapie vir kinders met gestremdhede. Ida van Wyk vertel van die voordele en vaardighede wat swemlesse bied.


Leefwêreld van die gestremde 27 Augustus 2023

27 Augustus 2023

Fanie du Toit vind meer uit oor die rol van maatskaplike werkers in die lewe van mense met gestremdhede. Jacqui January fokos op Loslitdag wat oor 29 jaar miljoene rand ingesamel het vir mense wat leef met gestremdhede.


Leefwêreld van die gestremde 20 Augustus 2023

20 Augustus 2023

Fanie du Toit gesels met Janeke Saunders, die ma van ‘n dowe seun, oor ouerskap met kinders met gestremdhede. Jacqui January fokus op die indien van belastingopgawes. Die sperdatum vir indiening is 26 Oktober, en ons help met inligting en wenke van waarvoor jy alles kan eis.


Leefwêreld van die gestremde 13 Augustus 2023

13 Augustus 2023

Fanie du Toit praat met dr. Emile Gouws oor outisme. Hy leef met outisme, en het onlangs ‘n byeenkoms van die Verenigde Nasies bygewoon waar die fokus op die bewusmaking van outisme en die unieke kwaliteite van mense met outisme geval het. Jacqui January gesels met Monica Gerhard, wat Amaliasindroom het – sy is sonder arms en bene gebore. Monica het hulp nodig met mobiliteit, maar doen amper alles op haar eie. Sy werk haar lewe lank, en is steeds baie aktief in haar gemeenskap en help veral mense met gestremdhede.


Leefwêreld van die gestremde 6 Augustus 2023

6 Augustus 2023

Andries van Niekerk vertel van die werksaamhede van Convo met die beskikbaarstelling van aanlyntolkdiense  en kommunikasie vir mense met gehoorverlies. Dis ‘n gevorderde tegnologie wat dowes d.m.v. ‘n toepassing op ‘n slimfoon metdie druk van ‘n knoppie aan ‘n tolk verbind. Jacqui January  fokus op ‘n besondere vrou. Sy is 21 jaar oud, het klaar gematrikuleer en nou probeer sy op haar eie te spaar om verder te kan studeer. Leandre Vaughnic Kibido, beter bekend as Lallie, leef met albinisme.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: