23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 13

21 Maart 2024

Jolene raak emosioneel wanneer sy haar pa Sammy by die Warmbokkeveld-tronk gaan oplaai en huis toe neem. Ryno Fouche, die seismoloog, daag by die gastehuis op, en word deur Ester verwelkom. Ronel ondersteun Jolene met haar pa op die tuisfront, en neem vir haar beskuit wat Ester gebak het.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 12

20 Maart 2024

Ester sleep Manie en Lionel uit Kallie se kroeg, en maak vir hulle ‘n steak. Lionel bieg teenoor Ester dat hy daaraan dink om Sammy te ontvoer wanneer hy voet sit in hulle dorp. Ronel kla by dominee Malan oor tannie Wilma wat haar restaurant as ‘n bedreiging vir Wilma se besighede sien.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 11

19 Maart 2024

Manie beland by Jolene ná sy kuier by Kallie se kroeg, en sy vra hom weer of Sammy by Manie kan kom woon. Ester vra vir dominee Malan of hy klere en goed vir Wilma en Barend Kaapstad toe sal neem. Lionel dreig om van Jolene te skei indien Sammy by haar kom woon wanneer hy uit die tronk kom.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 10

18 Maart 2024

Barend en Wilma word op Blouberg se strand beroof, en bevind hulleself sonder geld of motor. Jolene vra vir Manie of sy pa Sammy by hom kan oorbly, aangesien die huis nog in Sammy se naam is. Barend en Wilma probeer haar bakkie opspoor, en besef hulle sal langer in Kaapstad moet aanbly.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 9

15 Maart 2024

Barend en Wilma vertrek Kaapstad toe om inkopies te doen. Wilma is ongelukkig dat hulle vir almal goed moet saambring. Lionel en Manie vind mekaar wanneer Lionel uitvind dat Manie weier dat Sammy by hom kom woon. Barend en Wilma besoek Bloubergstrand vir ‘n sonsak, en word onverwags beroof.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 8

14 Maart 2024

Barend gaan werk saam met Lionel Jansen sodat hy fotos kan neem vir sy skilderye en beplande uitstalling by die galery. Dominee Malan besoek Jolene, en vertel haar dat Lionel baie aggressief teenoor hom opgetree het. Hy stel voor sy kry Lionel by ‘n sielkundige vir terapie.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 7

13 Maart 2024

Jolene vra dominee Malan of dit ‘n sonde sal wees as ‘n vrou ‘n ander man as spermskenker gebruik. Wilma besluit om by dominee Malan meer uit te vind oor die aardbewing, en of dit dalk wel toerisme kan help. Lionel daag op, en trap dominee Malan uit oor sy raad aan Jolene oor spermskenkers.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 6

12 Maart 2024

Ester is besorg oor Jolene en Lionel wat hulle onttrek van die gemeenskap, omdat Sammy moontlik terugkom dorp toe. Wilma wil Kaapstad toe gaan om inkopies te doen, en vra vir Barend om haar te vergesel op die avontuur. Ronel verneem haar pa Albert gaan verloof raak aan sy meisie, Marita.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 5

11 Maart 2024

Ronel vra raad by Barend du Preez, die kunstenaar, want sy is besorg oor haar vriendin Jolene en haar man Lionel, veral noudat Sammy Fortuin uit die tronk kom. Lionel is woedend vir Jolene omdat sy hom nie ingelig het dat haar pa op vroeë parool vrygelaat gaan word nie.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 4

8 Maart 2024

Wilma vra vir Lionel om haar petisie te onderteken, maar hy wil nie betrokke raak nie. Ronel kla by Ester oor Wilma se gedrag. Sy glo Wilma is eintlik die een wat die dorp se toerisme skade aandoen. Manie praat sy mond verby, en breek die nuus aan Lionel dat Sammy Fortuin uit die tronk kom.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: