Skip to content

Hoe veilig is jou voedsel? Potte en panne (Deel 1)

RSG NOU

Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. Sy sê voedselveiligheid begin nie eers wanneer jy by die huis kom nie, dit begin reeds wanneer jy jou inkopiemandjie stoot – van hoe jy produkte kies, tot die volgorde waarin jy jou inkopies doen. Klein besluite kan ’n groot verskil maak.

Episode 1: Voedselveiligheid begin by die winkel

Episode 2: Voedselveiligheid: Dis nie net vir restaurante en groot kombuise nie

Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. In die eerste gesprek stel ons die reeks bekend, en kyk ons na hoekom voedselveiligheid nie net iets vir restaurante en groot kombuise is nie, maar iets wat in elke huis begin, by die manier waarop ons koop, bêre, voorberei en kos gebruik.

Episode 3: Voedselveiligheid: Die koue hart van die kombuis
Ons dink dikwels aan die yskas as net ‘n plek waar kos koud gehou word, maar volgens voedselveiligheidskenners is dit een van die belangrikste wapens teen siektes in jou huis. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en konsultant, oor die regte manier om jou yskas te gebruik. ’n Yskas wat te warm is, verkeerd gepak is of nie gereeld skoongemaak word nie, kan veroorsaak dat jou kos vinniger bederf. Sy verduidelik waar kos in die yskas geplaas moet word, en watter eenvoudige veranderinge die kos langer kan laat hou.

Voedselveiligheid: Vries slim, ontdooi veilig
Kategorie: Intussen 2026-08-26

Die vrieskas is baie mense se geheime wapen teen kosvermorsing. Daardie ekstra porsie kos, die vleis wat jy op uitverkoping gekoop het, of die brood wat jy nie betyds gaan gebruik nie – die vrieskas gee kos ’n tweede kans. Maar daar is ook reëls. Ons gesels met Annelien Pienaar, ‘n skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om reg te vries, en veral hoe om veilig te ontdooi, want hoewel vries bakterieë se groei vertraag, beteken dit nie dat enige kos vir altyd veilig bly nie.

Voedselveiligheid: Kruisbesmetting
Kategorie: Intussen 2026-09-02

Een van die grootste voedselveiligheidsgevare in ’n kombuis is iets wat jy nie altyd kan sien nie. Kruisbesmetting gebeur wanneer bakterieë van een oppervlak, kossoort of hand na ’n ander beweeg. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die klein kombuisgewoontes wat groot gevolge kan hê. Van dieselfde snyplank vir rou hoender en groente, tot ’n lap wat vir alles gebruik word – soms is dit juis ons alledaagse gewoontes wat ons kos onveilig maak.

Voedselveiligheid: Vleisveiligheid
Kategorie: Intussen 2026-09-09

Vleis, hoender en vis is deel van baie Suid-Afrikaanse huise se daaglikse etes, maar dit is ook kossoorte wat ekstra versigtig hanteer moet word. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om hierdie produkte veilig te koop, bêre, voorberei en gaar te maak. Die manier waarop jy vleis hanteer voordat dit op die bord beland, speel ’n groot rol in jou gesin se voedselveiligheid.

Voedselveiligheid: Temperature waar bakterieë floreer
Kategorie: Intussen 2026-09-16

Daar is ’n onsigbare wêreld rondom ons, wat ’n groot invloed op ons kos het – bakterieë. Hoewel ons dit nie kan sien nie, kan temperatuur bepaal of hulle vermeerder of onder beheer bly. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die gevaarsones waar bakterieë vinnig kan groei. Van ’n kosblik wat te lank in die son staan, tot kos wat stadig op die kombuistoonbank afkoel – temperatuur maak saak.

Voedselveiligheid: Hoe lank hou oorskiet werklik?
Kategorie: Intussen 2026-09-23

Ons almal doen dit – ons bêre daardie ekstra kos vir môre. Oorskietkos kan jou tyd spaar, geld spaar en help dat minder kos weggegooi word. Maar die groot vraag is – wanneer is oorskiet nog veilig om te eet? Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om oorskietkos reg te bêre, te merk en weer veilig op te warm.

Episode 9: Hoe pak jy ‘n veilige en gesonde kosblik?

Voedselveiligheid: Kosblikveiligheid
Kategorie: Intussen 2026-09-30

’n Kosblik mag dalk eenvoudig lyk: ’n broodjie, vrugte, ietsie te drinke en dalk ’n versnapering. Maar van die oomblik wat kos uit die yskas gehaal word tot wanneer dit uiteindelik geëet word, is daar heelwat wat kan bepaal of daardie kos nog veilig is. Ons praat met Annelien Pienaar, ’n voedselwetenskapdosent en skrywer oor een van die daaglikse uitdagings in baie huishoudings: kosblikveiligheid. Wat pak jy, hoe pak jy dit, en veral, hoe hou jy kos koud genoeg totdat dit geëet word? Is daardie kosblik wat vanoggend vars gepak is, nog veilig teen middagete?

Voedselveiligheid: Vrugte en groente – was, bêre en gebruik dit reg
Kategorie: Intussen 2026-10-14

Ons word dikwels aangemoedig om meer vrugte en groente te eet, maar wat gebeur met daardie produkte tussen die winkel en jou bord? Moet alles gewas word sodra jy by die huis kom? Waar bêre jy wat? En kan die verkeerde manier van bêre veroorsaak dat jou vars produkte vinniger bederf? Ons vra dié vrae aan Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent, kookboekskrywer en kenner wat ingewikkelde voedselwetenskap prakties vir die gewone huishouding verduidelik. Ons kyk na hoe om vrugte en groente veilig te hanteer en te bêre, met die doel om nie net voedselveiligheid te verbeter nie, maar ook om langer waarde uit jou vars produkte te kry.

Voedselveiligheid: Etikette - Vervaldatums, bestanddele en allergene (Deel 1)
Kategorie: Intussen 2026-10-21

’n Produk se etiket vertel jou baie meer as net dit wat daarin is. Daar is datums, bestanddele, en soms waarskuwings oor allergene, maar verstaan ons werklik wat al dié inligting beteken? Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent en skrywer, oor hoe om etikette met meer selfvertroue te lees, want om ’n etiket reg te verstaan, kan jou help om veiliger keuses te maak én onnodige voedselvermorsing te voorkom.

Voedselveiligheid: Etikette - Vervaldatums, bestanddele en allergene (Deel 2)
Kategorie: Intussen 2026-10-28

Wanneer jy kos koop, kyk jy waarskynlik eerste na die prys, dalk na die voedingswaarde, of sommer net na die prentjie op die verpakking. Maar daardie etiket bevat belangrike inligting wat jou kan help om kos veiliger te hanteer, beter keuses te maak en onnodige vermorsing te voorkom. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselwetenskapdosent en skrywer, oor die inligting op voedseletikette wat maklik misgekyk word. Hoekom is dit belangrik om bestanddele te lees, selfs wanneer jy ’n produk al voorheen gekoop het? En watter waarskuwings moet jy nooit ignoreer nie? Want die klein skrif op jou kosverpakking kan ’n groot verskil maak aan hoe jy jou kos gebruik, bêre en veilig geniet.

Voedselveiligheid: Potte en panne (Deel 1)
Kategorie: Intussen 2026-11-04

Vlekvrye staal, gietyster, aluminium, keramiek en kleefwerend – daar is soveel verskillende soorte potte en panne op die mark dat ’n mens soms wonder watter een is werklik die beste keuse. Voedselwetenskapdosent en skrywer Annelien Pienaar praat oor die verskillende materiale wat in kombuise gebruik word om kos te maak. Die regte pot gaan nie net oor hoe lekker jou kos proe nie, maar ook oor hoe veilig en doeltreffend jy dit voorberei.

Skakel na Annelien se webtuiste:  https://annelienpienaar.co.za/rsg-week-1-voedsel-veiligheid-dit-begin-by-die-winkel/ = EPISODE 1 

Deel nou