“Dokter, gaan ek nou dood?” het die 26-jarige jonggetroude Janica Theron gevra toe sy met borskanker gediagnoseer word. Haar chemoterapie, immunoterapie, dubbele mastektomie en bestraling het voorgelê.
Haar reis was nie maklik nie en met tye wat sy baie baie siek.
Watter emosies moes haar jong man verwerk?
En hoe het sy fisiek en emosioneel en hy emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis?
Marí Hudson gesels met Janica en Dewalt Theron oor hul ervaring met kanker en kankerbehandeling en noudat hulle neuse weer bo die water is.
Luister na die volledige gesprek hieronder.
Janica en Dewalt Theron
HET JY GEWEET? Pasiënte en hul geliefdes ervaar baie emosies ná ‘n ernstige en lewensbedreigende diagnose, en dit is belangrik dat beide die pasiënt en die geliefde ondersteun word.
JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT… Die inligting kan pasiënte met kanker hoop gee en laat besef dat ander kankerlyers ook vrese, trauma, vertwyfeling, magteloosheid en hoop ervaar.
Janica op haar troudag in Julie 2023. “Ek lyk nou anders. Ek het lang hare gehad, my borste lyk anders en die behandeling het my gewig laat optel. Ek lyk anders en voel anders. Ek kyk in die spieël en ek is nie meer dieselfde as voorheen nie.”
“Soek die positiewe”
Luister ook na die kanker-reis van Dirk Malan, adjunk-hoof en laerskool- wiskundeonderwyser van Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hul ervaring van diagnose, behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA tweekamp kampioenskap deelgeneem en voltooi het.
Mariaan en Dirk Malan
Bespreek en woon die Cancer Survivors Day by
Op Saterdag 16 Mei kan alle kankerpasiënte en hul familie of vriende ‘n spesialen oggend by Die Bron teater in Willowbridge sentrum naby die Tygervallei sentrum in die Skiereiland bywoon. Jy kan jou storie met ander deel, hoor wat vir ander hoop gegee het en waarmee jy en ander sukkel. Kontak Hilani du Toit van PACSO by 021 939 7790 of info@pacso.co.za.
Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel sodat jou blaaslek onder Beheer gebring kan word. En vir stress-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling.
Marí Hudson gesels in deel 1 van ‘n kort reeks oor blaasprobleme met prof Stephen Jefferey van Kaapstad. Luister volgende Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG na deel 2.
HET JY GEWEET? Baie vroue sukkel met of ‘n ooraktiewe blaas of stress inkontinensie.‘n Bevalling kan ‘n vrou se risiko om blaaslek te ontwikkel, verhoog. Die nuwer metodes om blaaslek volgens die oorsaak daarvan te behandel, kan in meer as 90% van gevalle baie suksesvol wees.
JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Daar is hulp vir blaaslek. Dié probleem hoef nie jou wêreld en aktiwiteite in te perk nie.
Twee vorms van blaaslek 1. Ooraktiewe blaas of Dringendheid blaaslek Die blaasspier trek skielik saam, en jy ervaar skielik ‘n dringendheid om te urineer, maar is dikwels te laat.
Wat behels die behandeling? Begin met medikasie by jou GP. Botoks inspuitings help baie vroue, en ‘n pasaangeër om die blaasspier minder aktief te maak deur sakrale senuwee stimulasie, werk ook baie goed.
2. Stress inkontinensie In die geval van stress inkontinensie is dit die “knyp” spiere wat nie so goed werk as daar drukking op die blaas is nie.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika het foute gemaak met besluite wat geneem is oor hoe om die Covid pandemie in 2020 en 2021 te hanteer.
Om die waarheid te sê het die besluitnemers so rigied en streng dogmaties opgetree dat hulle besluitneming herinner aan die onverbiddelike optrede van die ortodokse kerke in die verlede.
Dr Streicher bespreek op 16 April om 12:30 hierdie bevindings by die Universiteit van Stellenbosch se Departement van Filosofie.
In deel 1 van die kort reeks fokus ons op vier foute.
Fout 1– Verkeerde advies Die WGO het slegs na een raadgewer geluister, en dié raadgewer, die Imperial College of London, het foute gemaak oor die voorspellings van hoe die pandemie sal uitbrei. Hulle het dit met ‘n faktor van sowat 10 oorskat. In gevalle is die voorspellings met ‘n faktor van tussen 3 en 30 oorskat. Selfs nadat data getoon het dat die College se voorspellings verkeerd is, en hulle later wel hul voorspellings aangepas het, het hulle nooit erken dat hul voorspellings verkeerd was nie. Die WGO gebruik steeds dié College vir raad.
Oplossing: Die WGO kan nie net op een instansie staatmaak vir raad nie. Dit is egter steeds die geval.
Fout 2 – SA en verkeerde voorspellings Suid-Afrika en die Wes-Kaap het aanvanklik die College se verkeerde voorspellings via die WGO gevolg. In Wes-Kaap is die KIKS ingerig as ‘n nood-eenheid vir al die Covid-gevalle, maar gelukkig het hulle, toe Streicher hulle adviseer met korrekte data, Streicher se voorspellings gevolg, wat duidelik in die kol was.
Oplossing: Die Regering kan nie net op ‘n klein groep medici en wetenskaplikes staatsmaak vir raad nie. Daar moet meer wees, en die spektrum van kundigheid met breër wees.
Fout 3 – Inperkings maak min verskil Volgens die College sou inperkings die eksponensiële verspreiding van die virus stop, en as die inperkings opgehef word, sou die virus eksponensieel verder versprei. Dit het nie gebeur nie. In die eerste plek help inperkings min as die virus reeds in baie areas is. Inperkings help die beste as jy ‘n siekte tot ‘n sekere klein area wil beperk. Tweedens het die opheffing van die inperkings in SA – wat gebeur het toe die epidemie nog aan die toeneem was – glad nie gelei tot ‘n verhoogde toename nie. Olplossing: Die WGO kan nie net op een instansie staatmaak vir raad nie. Dit is egter steeds die geval. Elke land se Regering kan nie net op ‘n klein groep medici en wetenskaplikes staatsmaak vir raad nie. Daar moet meer kundiges wees, en die spektrum van kundigheid met breër wees.
Fout 4 – Raadgewende medici tree dogmaties, outoritêr en onverbiddelik op met geen ruimte vir debat nie In Suid-Afrika, en ook in die meeste ander lande, het die klein groep medici wat gekies is om die regering te adviseer, baie onverbiddelik opgetree, asof hulle al die antwoorde ken, en geen ruimte gelaat vir debat nie.
Enigeen wat van hulle verskil het, is verdag gemaak. Dit het gelei tot sterk teenoorstellende groepe, want sterk dogma na een kant skep sterk dogma na die ander kant.
Oplossing: Die Regering kan nie net op ‘n klein groep medici en wetenskaplikes staatsmaak vir raad nie. Daar moet meer kundiges wees, en die spektrum van kundigheid met breër wees. Die kundiges moet ook nederigheid behou, en nie streng dogmaties word nie. Debat moet toegelaat word, en die kundiges moet oop wees vir ander insigte.
Fout 5: Die werking van die entstowwe is nie goed gekommunikeer nie Die Covid entstowwe werk soos die griep-entstowwe: dit keer nie Covid nie, maar as jy siek word, word jy minder ernstig siek.
So lyk dit binne-in die heupgewrig en werk die chirurg met die instrumente. Hy kan die labrum heg, die binnekant van die bakkie van die potjie glad maak en ook die kop van die femur glad maak.
Ongediagnoseerde en onbehandelde gloukoom kan tot blindheid lei omdat die oogsenuwee met gloukoom beskadig beskadig word. Maar indien dit vroeg opgespoor en behandel word, kan dit doeltreffend behandel word en blindheid voorkom word.
Gloukoom gaan dikwels gepaard met hoë vogdrukking in die oogbol, maar selfs sonder verhoogde drukking, kan gloukoom ontwikkel.
Dit kan doeltreffend met oogdruppels, laserbehandeling of uiteindelik chirurgie behandel word.
Dr Freddie van die Colff, oogspesialis by Panorama Mediclinic, vertel hoe die drukking kan verhoog, oor die verskillende soorte gloukoom, die diagnose en die behandeling.
Eierstokkanker is ‘n tameletjie, want dit word dikwels laat opgespoor, en is aggressief. Maar as jy ‘n familiegeskiedenis van bors- en eierstokkanker het (dis in in die helfte van gevalle só) kan genetiese toetse jou help om ‘n besluit te neem om jou eie lewe te red. Nuwe medikasie is baie doeltreffend juis teen die geneties en oorerflike vorms van eierstokkanker.
Marí Hudson praat hieroor met onkoloog Dr Lizanne Langenhoven van PACSO.
Dit is tog moontlik, al is dit moeilik en kos baie vasbyt, om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n nommer 10.
Dit het agt jaar geneem, met ‘n paar keer se afval van die wa af, en weer opklim.
Met ‘n BMI van 40 het Marinda ná hoeveel diëte besef sy moet iets daadwerkliks doen wat volhoubaar is. Toe begin sy neer te skryf wat sy eet, hoeveel calorieë dit behels en hoeveel sy minder moet weet om gewig te verloor.
Jy kan ook uitwerk hoeveel minder calorieë jy moet inneem om gewig te verloor.
Dit werk só:
Bepaal hoeveel calorieë jy moet inneem om gewig te verloor.
As ‘n mens byvoorbeeld 2200 cal per dag nodig het om jou gewig te handhaaf, en jy eet 500 cal per dag minder – dus 1600 cal per dag – sal jy sowat 0,5 – 1 kg per dag afval.
Maar moenie minder as soweat 1200 – 1300 cal per dag eet nie, dan verstadig jou metabolisme omdat jou liggaam dink jy is in die woestyn en sal aan elke druppel vet vashou om te oorleef.Hier is calorie-toepassings: https://www.calculator.net/calorie-calculator.html
Hier is ‘n tabel uit die boek No Thank You to Obesity deur Marinda Engelbrecht. Bestel die boek hier:
Stuur asb n epos na nothankyoutoobesity@gmail.com. Die prys is R460. Dit is net aanlyn beskikbaar.
2. Skryf neer wat jy elke dag eet en bereken die calorieë.
Hier is ‘n calorie-teller vir kossosrte en toepassings wat jou kan help:
Lifesum: Provides meal plans and health challenges, focusing on healthier choices for weight management.
MyFitnessPal: Known for its huge food database, barcode scanner, and community support, great for general tracking and muscle gain.
Lifesum: Provides meal plans and health challenges, focusing on healthier choices for weight management. Cronometer: Praised for detailed macro and micronutrient tracking, offering science-backed insights.
Build Healthy Habits at Home — There’s a Reason Diets Don’t Work. Noom Teaches You Daily Tweaks to Hit Your Goals. Learn So Much About What Being Healthy Really Means with Noom’s Fitness Course. Weight Loss Plans.
Cronometer: Praised for detailed macro and micronutrient tracking, offering science-backed insights.
Lose It!: A top choice for weight loss, offering a user-friendly interface and goal setting.
Yazio: A simple, free calorie counter and food diary for documenting eating habits.
FatSecret: Offers a free calorie counter, recipes, and social features for weight loss.
Lose It!: A top choice for weight loss, offering a user-friendly interface and goal setting.
Yazio: A simple, free calorie counter and food diary for documenting eating habits.
FatSecret: Offers a free calorie counter, recipes, and social features for weight loss.
3. Spiere is energieverbruikers en hoe meer spiermassa jy het, hoe meer caloriee sal jy verbrand en hoe vinniger sal jou metabolisme wees. Niks anders as spiermassa kan jou metabolisme verhoog nie.
4. Kyk na jou porsiegroottes
5. Eet tot jy 80% versadig is
6. Eet stadig en aan ‘n tafel
7. Stap vir oefening as jy kan of sodra jy kan
Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het.
Ozempic/diabetes
Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se voorste metaboliese en vetsugkenners. Hoekom kyk kenners nou na vetsug as ‘n aparte siekte? En hoe kan dit pasiënte help? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-22-januarie-2025
Die feit dat vetsug nou as ‘n aparte siekte beskou word, hou voordele vir pasiënte in, aangesien mediese fondse nou vir die behandeling van vetsug sal betaal. Dit kan dié fondse geld spaar omdat skraler mense waarskynlik minder tipe 2 diabetes, hartaanvalle en verskeie ander obesiteitverwante siektes kan kry.
Kate Borthwick se reis met aggressiewe miëloom was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Marí Hudson.
Die eerlike en onstellende vertelling van ‘n borskankerpasiënt lê bloot hoe ‘n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Marí Hudson gesels met ‘n borskankerpasiënt, ‘n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die kort reeks oor borskanker en gene.
Het die oorlewingsyfer van kanker verbeter? Watter kankers is nou meer behandelbaar, en watter reageer swak op behandeling? ‘n Chirurg wat met kankerpasiënte werk, en vier pasiënte, vertel van hulle reis met kanker. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-5-februarie-2025
‘n Vrou wat in April 2024 met verspreide longkanker gediagnoseer is, was drie maande later sonder ‘n teken van kanker. Sy is met geteikende medikasie behandel. Hoe werk dit? En waar pas nuwe kankerbehandelings en bestaande chemoterapie en bestraling in?https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-12-februarie-2025
Geteikende kankerterapie kan vir sekere kankers, selfs gevorderde en verspreide kanker, in bedwang bring. Dit word saam met immunoterapie as die kankerbehandeling van die toekoms gereken. Het geteikende kankerbehandeling newe-effekte? Moet ‘n pasiënt dit vir altyd gebruik? Dek jou mediese fonds die nuutste kankertoetse en -behandeling? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-19-februarie-2025
* Radiologie
Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-12-maart-2025
Wat sien ‘n radioloog op ‘n breinskandering wat aandui dat die pasiënt ‘n breinbloeding het, en nie ‘n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? ‘n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat ‘n breinskandering verklap. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-22-oktober-2025
* Artritis
Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-26-maart-2025
Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-16-april-2025
Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-18-junie-2025
Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-25-junie-2025
Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-9-julie-2025
Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-30-julie-2025
Vir die eerste keer is ‘n middel om Alzheimer-siekte te behandel, en selfs om te keer, in die vooruitsig. ‘n Neuroloog praat oor Alzheimer-siekte en ander voms van demensie.
TIK
Die gebruik van Tik is ‘n allemintige en groeiende probleem in Suid-Afrika. Ons kyk na die probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Wat gebeur met iemand wat Tik gebruik, en wat gebeur in sy brein? Tik maak die gebruiker letterlik ‘mal’. Hierdie episode is die eerste in ‘n kort reeks oor Tik.
Met Tik-gebruik word massas dopamien in die brein vrygestel en die senuselle beskadig. Dit lei tot paranoïese skisofrenie, wat tydelik of permanent kan wees. Ons kyk na dieTik-probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Hierdie is die tweede episode in ‘n kort reeks oor Tik.
In die derde aflewering in ons reeks oor Tik, fokus ons op rehabilitasie, en op waarnemings wat tydens die ondersoek aan die lig gekom het.
Adrenalien-junkies sal hierdie vakansie sekerlik ‘n reksprong of twee, ‘n foefieslaaidrit of ‘n ander waagmoedige of opwindende aksie aanpak. Maar waar kom die adrenalien in die liggaam vandaan, en hoe weet die liggaam om meer vry te stel in sekere situasies? Ons kyk na die fisiologie van adrenalien, noradrenalien, die veg-en-vlug-reaksie, kortisol en stres. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-18-desember-2024
* Vroeggebore babas
‘n Baba wat vóór of op 37 weke swangerskap gebore word, is ‘n vroeggebore of premature baba. Dié babas is nog ‘onder konstruksie’ en al hulle organe en stelsels is nog nie volledig ontwikkel nie. Hoe vroeër ‘n baba gebore word, des te groter is die risiko dat iets skeef kan loop. ‘n Pediater van die Tygerberg Neonatale eenheid vertel wat veral met die brein, longe, niere en dermkanaal skeef kan loop. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-8-januarie-2025
‘n Vroeggebore baba is ‘n baba onder konstruksie, en baie dinge kan skeefloop. In deel 2 van ‘n kort reeks fokus ons op die oorsake, risikogroepe, moontlike langtermyngevolge en voorkoming. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-15-januarie-2025
* Orgaanoorplanting
“Ek het elke dag gevoel ek verdrink,” vertel Anchen van Dyk, eienaar van ‘n velsorgkliniek. Sy het ses jaar gelede ‘n dubbele longoorplanting ondergaan. Ons vind uit hoe dit vóór die oorplanting was, en hoe dit nou met haar gaan. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-4-desember-2024
* Fertiliteit
Aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam deel openhartig haar reis van hartseer en vreugde tot waar sy uiteindelik haar babaseun in haar arms kon vashou, danksy skenkereierselle.
Die ouderdom, gehalte en hoeveelheid eierselletjies wat ‘n vrou beskikbaar het, speel ‘n groot rol in suksesvolle vrugbaarheids-behandeling. Daarom is die bevriesing van eierselletjies terwyl die vrou in haar dertigs is, belangrik. Nou is navorsers besig met nuwe metodes om die ge-oeste eierselletjies nóg beter te laat ontwikkel. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-23-april-2025
Pyn is in jou brein gesetel. ‘n Spesifieke soort chroniese pyn kan vererger indien die chirurg opereer, of deur inspuitings. Maar baie pasiënte en dokters verstaan nie hoe chroniese pyn werk, en hoe om dit te benader nie. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-5-maart-2025
Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-12-maart-2025
Wat sien ‘n radioloog op ‘n breinskandering wat aandui dat die pasiënt ‘n breinbloeding het, en nie ‘n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? ‘n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat ‘n breinskandering verklap. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-22-oktober-2025
* Narkose
Narkose is nie net om jou aan die slaap te maak nie – dit plaas jou in ‘n koma. Maar narkose is 90 keer veiliger as 60 jaar gelede. Dit is enkele van die interessanthede wat aan die lig gekom het in ‘n gesprek met ‘n internasionaal bekende narkotiseur. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-2-april-2025
* Rugoperasie
As die tussenwerwelkussing uitdruk teen die senuwee, word nuwe ruimte geskep deur die agterste middeldeel van die werwel te verwyder
‘n Ortopeed van die Paarl was een van die eerstes in Suid-Afrika en die wêreld om met ‘n nuwe tweesleutelgat-prosedure rugoperasies soos fusies te doen. Al meer ortopede leer nou dié tegniek aan. Dit behels ‘n kwaai leerkurwe. Hoe weet die pasiënt of die ortopeed al vaardig genoeg is om dié prosedure op lewende mense uit te voer? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-17-september-2025
Die ouderdom, gehalte en hoeveelheid eierselletjies wat ‘n vrou beskikbaar het, speel ‘n groot rol in suksesvolle vrugbaarheids-behandeling. Daarom is die bevriesing van eierselletjies terwyl die vrou in haar dertigs is, belangrik. Nou is navorsers besig met nuwe metodes om die ge-oeste eierselletjies nóg beter te laat ontwikkel. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-23-april-2025