NG Kerk in Vrystaat ontevrede oor besluite

Die Vrystaatse sinode van die NG Kerk het gister ‘n buitengewone sinode in Bloemfontein gehou om kwessies soos die 2019-gay-besluit van die Algemene Sinode, teologiese opleiding en die bose en boosheid te bespreek voor die volgende Algemene Sinode in Oktober vanjaar. Die Vrystaatse sinode is nie die enigste sinode wat ontevrede is nie. Om hieroor te gesels sluit ds. Jan Lubbe, Vrystaatse moderator, en ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemense Sinode, by ons aan.