Voorgestelde wetgewing gee regering mag om jou af te luister

Twee stukke wetgewing wat tans voor die parlement dien, sal, indien dit sonder wysigings goedgekeur word, die regring die mag gee om alle private kommunikasie van elke Suid-Afrikaner te onderskep. Die Wysigingswetsontwerp op die Onderskepping van Kommunikasie en Verskaffing van Telekommunikasieverwante Inligting, die sogenaamde RICA-wet, en die Algemene Intelligensie wysigingswetsontwerpe, of GILAB, is onlangs die deur adjunkminister van Justisie, John Jeffrey, by die protefeuljekomitee vir justisie ingedien. Volgens News24 het Jeffrey aan die komitee gesê die wetgewing moet teen Februarie aanstaande jaar op die wetboek wees. Ons praat hieroor met Heidi Swart, ‘n ondersoekende joernalis by Intelwatch.