00:00 - 05:55

Deurnag (Saterdag)

Nou op die lug: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Volgende: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

10:00 - 10:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 9 Junie 2021

Gesondheid 9 Junie 2021

Dokters, fisioterapeute en ander praktisyns wat private gesondheidsdienste verskaf, is tans verskrik omdat ’n mediese fonds tot miljoene rande se uitbetalings per praktyk van hulle terugeis. Wat gaan hier aan? Wat beteken dit vir dokters en siekefondslede? Marí Hudson probeer om agter die kap van die byl te kom.

Woensdag 2 Junie 2021

Gesondheid 2 Junie 2021

Wie moet liefs nie die Covid-entstof ontvang nie? Watter newe-effekte van die enstof is al in Suid-Afrika aangemeld? Wat moet jy doen as jy geregistreer is vir die enststof, maar geen SMS ontvang het nie? Marí Hudson praat met dr. Angelique Coetzee van SAMA om antwoorde te vind.

Woensdag 26 Mei 2021

Gesondheid 26 Mei 2021

Is ons in die derde Covid-golf? Wat kan ons verwag? Iets erger as ons tweede golf? Wat gaan in die res van wêreld aan, veral die groot getalle in Indië en Israel, die effek van die entstowwe, en Frankryk waar die inperkings deels opgehef is. Marí Hudson gesels met ’n data-ontleder oor wat ons uit die jongste Covid-data kan verwag.

Woensdag 19 Mei 2021

Gesondheid 19 Mei 2021

Moet jy die Covid-enstof neem of nie? Kan mens ‘n entstof vertrou wat so vinnig ontwikkel is? Wat van ivermektien? Marí Hudson praat in die laaste aflewering van ’n kort reeks met viroloog prof. Wolfgang Preiser oor die Coronavirus-variante en die enstowwe.

Woensdag 12 Mei 2021

Gesondheid 12 Mei 2021

Wat beteken die verskillende coronavirus-variante vir ons en die derde golf wat nou aan die vorm is in Suid-Afrika? Moet ons die entstof neem of weghardloop? Moet ons nog die griepentstof ook neem? Luister na die eerste van ’n kort reeks van twee episodes waar Marí Hudson met viroloog prof. Wolfgang Preiser oor die coronavirus-variante en die enstowwe gesels.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: