06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 23 Julie 2014

23 Jul

Het jy geweet Ebola-koors is die dodelikste en aansteeklikste koorssiekte bekend aan die mens? Al is die grootste uitbreking van die siekte ooit, aan die woed in Wes-Afrika en dit ver klink, is dit net 'n vliegrit van Suid-Afrika af. As iemand met die eerste simptome van Ebola-koors op 'n vliegtuig na Suid-Afrika kom –soos wat met die vorige groot uitbreking in die Kongo gebeur het en die lewe van 'n niksvermoedende Suid-Afrikaanse verpleegkundige geëis het – is die dodelike virus in ons midde. Ons kyk ook na ander koorssiektes wat bloedings veroorsaak en na die winter se griep, wat baie vinnig die longe aantas.

Woensdag 9 Julie 2014

Gesondheid 9 Julie 2014

Alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Hulle kom in verskeie vorms - Die sjarmante man wat hom nederig hou en jou oortuig dat jy hom geld moet leen vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan met jou geld verdwyn, of die sakeman wat elke jaar nog tien present van sy werknemers laat afdank vir groter winsgrense, of die goedversorgde vrou met die sagte stem wat almal so perfek om haar pinkie draai dat niemand agterkom dat sy almal manipuleer nie, is almal psigopate. Wat is die eienskappe van 'n psigopaat? Word mens so gebore or so gemaak? Kan mens verander?

Woensdag 2 Julie 2014

Gesondheid 2 Julie 2014

Wat is ALS, die siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly? Is dit al soort motorneuron-siekte, of is daar ander? Hoe begin dit en hoe versprei dit na ander senuselle? Het rugbyspelers 'n groter kans om dit te kry? Kan stamselbehandeling help? 'n Motorneuronsiektes-spesialis verduidelik meer oor motorneuronsiektes.

Woensdag 25 Junie 2014

Gesondheid 25 Junie 2014

Watter soort artritis het my ma? Kan sy gehelp word? Help middels wat glukosamiene bevat? En wat van ander 'natuurlike' middels of 'n dieet? Hoe werk Lupus? Dis van die vrae wat die reumatoloog prof. Helmuth Reuter beantwoord. En ons vertel jou van 'n piepklein nuwe toestelletjie wat onder jou vel ingespuit word om jou EKG in ware tyd te meet en hartritme-defekte vroeg op te spoor. 'n RSG luisteraar was die eerste pasiënt!

Woensdag 18 Junie 2014

Gesondheid 18 Junie 2014

Het jy geweet dat een uit tien volwassenes chroniese niersiekte ontwikkel? Die siekte kan jou so bekruip dat jy 90% van jou nierfunksie kan verloor voordat jy simptome het en dit agterkom. Die stil siekte speel 'n groter rol in hartaanvalle en beroerte as verhoogde cholesterolvlakke. Kom luister hoe belangrik dit is dat jy meer aandag skenk aan die twee vuisgrootte, boontjievormige organe in jou flanke, agter teen jou rugspiere.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: