07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Saterdag 29 Junie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Is masels deesdae meer gevaarlik as jou kind dit opdoen of nie? Ons vertel jou meer oor slakpeste in jou tuin en oor die kombuismeelkewertjie. En is seeslange nou giftig of nie? Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton gee antwoorde.

Saterdag 22 Junie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Wil jy meer weet oor Downs se Sindroom? Hoekom bondel duisendpote soms saam op 'n boomtak, en wat is die sogenaamde Asiatiese baskewertjie wat blykbaar 'n wesenlike bedreiging vir bome in ons land inhou? Met Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton.

Sondag 16 Junie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Die span kenners praat oor die ontstaan van die aarde; of seeslange hul eiers op land kom lê; en oor eendagsvlieë en hoekom jy nie 'n vlieg gedood sal kry as jy hom natspuit met skoon water nie.

Saterdag 8 Junie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Is kreasionisme 'n lewensvatbare manier om die Bybel te interpreteer? Hoe werk Google nou eintlik? Wil jy meer weet oor die ineenstorting van biodiversiteit op aarde?

Saterdag 1 Junie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Wat veroorsaak die onaangename prikkel-sensasies wat jy ervaar as jy aan byvoorbeeld deurhandvatsels raak? Hoe het evolusie voorsien dat die slang met gif toegerus moes word? Wat word van al die insekste wat nie deur vlermuise, miere of voëls geëet word nie?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: