15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Oppiradio

Vrydag 13 Desember 2019

Tasché Burger

Sy droom al jare lank daarvan om in te skryf vir die realitetisreeks, The Voice. Toe sy uiteindelik 18 jaar oud geword het, neem sy die besluit om die stap te doen. Al vier beoordeelaars het hulle stoele vir haar omgedraai. Sy gekies om saam met Francois van Coke te werk. Tasche Burger het daardie reeks gewen, en skuur nou skouers met die toprockers in die plaaslike musiekbedryf. Sy skryf musiek saam met Hunter Kennedy, neem duette op saam met Francois van Coke, en word bestuur deur Wynand Myburg. Christelle van Tonder het met hierdie jong musikant oor haar sukses gepraat.

Vrydag 6 Desember 2019

The Color Blew

The Color Blew glo musiek moet gevoel, en nie net gehoor kan word nie. Liaan Horton, Marius Cronje, Armando Santos en Timothy James is passievol, en lewe in die nou. Die vier musikante stoei teen kommersiële musiek. Hulle het 'n lied, African Sky, geskryf, wat gekskeer met hierdie soort musiek. Die lied het egter vinnig 'n kommersiële sukses geword! Christelle van Tonder gesels met Liaan Horton en Marius Cronje oor hulle jongste album, Light Switch, en hoe dit so kort op die hakke van hulle debuutalbum vrygestel is.

Vrydag 29 November 2019

Demi Lee Moore

Sy het sewe keer vir Idols ingeskryf, en toe sewende geëindig. En toe wen sy die eerste reeks van Die Kontrak. Demi Lee Moore spog nou met 'n nuwe Country-album. Christelle van Tonder het met haar gesels oor haar goeie jaar.

Vrydag 22 November 2019

Roan Ash

Hy maak al baie lank musiek, maar die afgelope drie jaar is sy naam op almal se lippe.. selfs buite Suid-Afrika. Roan Ash het 'n rekord laat spat op Appel Music, en is toe deur die maatskappy genooi om oorsee op te tree. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die oomblik in Tennessee in die V.S.A. toe daar 'n Suid-Afrikaanse vlag in die gehoor gewaai is tydens sy vertoning.

Vrydag 15 November 2019

Neil Nachtrein

Neil Nachtrein was eers deel van die duo, Blomtrein, saam met Jan Blohm. Sy tweede solo-album, Op Plekke Waar Ons Eens Was, is nou beskikbaar.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: