23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Oppiradio

Vrydag 1 November 2019

Leah

Van Boer Soek 'n Vrou tot 'n splinternuwe album... Leah verklap alles.

Vrydag 25 Oktober 2019

Spoegwolf

In 2012 was die groep, Spoegwolf, taamlik onbekend. Hulle het in daardie jaar by hulle eerste Oppikoppi-optrede hulle debuutalbum, Swaartekrag, uit die hand verkoop. Vandag stel hulle rekords op op digitale platforms soos iTunes, en hulle stel binnekort hulle vyfde album, See, bekend. Die lede van die groep het elkeen hulle eie projekte en besighede wat die pot aan die kook hou. Christelle van Tonder het met Chris von Wielligh, Albert van der Merwe en Moskou du Toit gesels.

Vrydag 18 Oktober 2019

Oppiradio

Vir die eerste keer in langer as tien jaar, is daar nuwe musiek van die rockgroep. Cutting Jade. Hulle gesels oor hulle 20 jaar in die musiekbedryf.

Vrydag 11 Oktober 2019

Oppiradio

Ons het hom leer ken met sy lied, De La Rey. Sewe albums later is Bok van Blerk nog net so patrioties soos die dag wat hy begin musiek maak het. HOOR ONS! is in Augustus bekendgestel, en verkondig 'n positiewe boodskap vir almal wat sukkel om hulle koppe hoog te hou oor wat in Suid-Afrika aan die gang is. Hy gesels met Christelle van Tonder oor sy gevoel oor die land, sy musiek en hoekom hy die album onafhanklik uitgereik het.

Vrydag 4 Oktober 2019

Oppiradio

Harry en Tony Campbell het in 1995 as professionele musikante begin werk. Twintig jaar en 17 albums later is hulle steeds aan die gang en besiger as ooit. Musiek is hierdie broers se brood en botter, en Country is in hulle bloed.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: