07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Oppiradio

Vrydag 23 Augustus 2019

Oppiradio

Dis 'n familie-affêre! Juanita du Plessis vier 21 jaar in die musiekbedryf. Twee van haar drie kinders, Ruan Josh en Franja, het besluit om in hulle ma se voetspore te volg. Hulle tree soms saam op, maar dis wat agter die skerms gebeur wat die Du Plessis-gesin sterk maak. Juanita en haar oudste seun, Ruan, gesels met Christelle van Tonder oor die bedryf, nuwe albums en die moeilike tye wat hulle moet deurstaan.

Vrydag 16 Augustus 2019

Oppiradio

Tydens Ed Sheeran se besoek aan Suid-Afrika het Jeremy Loops 'n oproep van die internasionale superster se agente af ontvang. "Hallo Jeremy. Ed Sheeran volg jou musiek al 'n geruime tyd, en hy wil jou graag ontmoet. Ons gaan jou kom oplaai." En so begin 'n nuwe verhouding wat binnekort dalk nuwe musiek oplewer. Jeremy Loops se grootwordjare was stormagtig, en sy ouers het selfs gewonder of hy skool sal klaarmaak. Na 'n tyd oorsee het hy teruggekeer huistoe waar hy finansies studeer het, maar ook vroeg besef het dat dit nie sy passie is nie. Nadat hy sy graad voltooi het, het hy voltyds musiek begin maak, en nou, na twee albums, het hy die aandag van Ed Sheeran.

Donderdag 8 Augustus 2019

Oppiradio

John Rock Prophet het op 12-jarige ouderdom sy eerste lied op 'n vriend se kitaar gespeel. Sy pa het vir hom gesê hy kan eers sy eie kitaar kry indien hy iets leer speel. Hy speel toe sy unieke weergawe van Suikerbossie vir sy pa, en net daar is pa en seun in 'n rooi Cortina na die winkel om vir hom sy eie kitaar te hoop. Nadat hy sukses in sy tuisdrop Windhoek gehad het, kom hy Suid Afrika toe en steel die harte van die mense hier. Hy reis nou gereeld tussen Pretoria en Windhoek. Windhoek is waar hy stilte kry, en in Pretoria is dit besigheid. Christelle van Tonder gesels met hom oor musiekskryf, die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en sy eerste kitaar.

Vrydag 2 Augustus 2019

Oppiradio

Jason Bradley is 'n gesoute countrymusikant wat al groot naam vir homself gemaak het. Hy is tans besig met 'n nuwe album. Hy vertel vir Christelle van Tonder hoe hy besluit het om countrymusiek te maak, terwyl hy eintlik 'n voorliefde vir rock het. Hy praat ook oor sy samewerking met Lance James.

Vrydag 26 Julie 2019

Oppiradio

Die nuwe mansgroep, Serenade, word beskou as die nuwe Romanz. Die groep bestaan uit vier lede, wat ná 'n landswye kompetisie, saamgestel is om 'n unieke klank te vorm. Hulle debuutalbum is onlangs uitgereik, en nou het hulle die uitdaging om hulle werke, repetisies, studies en sangverpligtinge te balanseer. Christelle van Tonder gesels met Mynhardt Kruger van Kaapstad, Juandre van den Berg van Boksburg, Dawie de Wet van Vanderbijlpark en Fredric Dacomb van Pretoria oor hulle nuwe sanggroep.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: