22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

Nou op die lug: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Volgende: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Jacques Arendt

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Oppiradio

Vrydag 27 September 2019

Oppiradio

Johan C. Venter het bekendheid verwerf as lid van die a capella groep, Flip a Coin. In 2012, nadat die groep ontbind het, het hy op sy sololoopbaan begin met 'n debuutalbum. Vandag fokus hy meer daarop om ander musikante te help, maar is steeds te sien op verhoë dwarsoor die land.

Vrydag 20 September 2019

Oppiradio

Willem Botha het hom vroeër vanjaar in die middel van die Ghoemas-drama bevind. Musikante, en veral die publiek, het hom skerp gekritiseer oor sy betrokkenheid by die geleentheid. Hy gesels met Christelle van Tonder hieroor, en oor sy jongste enkelsnit, Een Shot, wat oor meer as net 'n vinnige drankie by 'n partytjie gaan.

Vrydag 13 September 2019

Oppiradio

Die Grammy-bekroonde fluitis en vervaardiger, Wouter Kellerman, spog met 'n splinternuwe album. Hierdie keer het hy “covers” van bekende liedjies geneem, en dit 'n nuwe fluit-baadjie aangetrek. Kellerman het sy instrument nie net bemeester nie, maar ook 'n hele nuwe manier ontwikkel om dit te bespeel. Niks is vir hom onmoontlik nie.

Vrydag 6 September 2019

Oppiradio

Justin Swart beskryf sy jong lewe as stormagtig en uitdagend. Hy het met 'n paar dinge in sy lewe gesukkel, maar as 'n volwasse man en pa van drie dogters is sy fokus op sy musiek en sy orkes, The Amblers, saam met die tromspeler Jason Hinch, wat ook vir Bok van Blerk speel. Hulle nuwe enkelsnit, Ratty Old Mo', trek nou die aandag van internasionale gehore.

Vrydag 30 Augustus 2019

Oppiradio

Petro de Villiers het deelgeneem aan Idols in 2003 en The Voice in 2019. Sy was 'n dekade lank betrokke by die Barnyard-teater se produksies, maar het besluit sy wil op haar sololoopbaan fokus. Sy gesels met Christelle van Tonder oor haar diagnose met ADHD, en hoe sy ander probeer help deur daaroor te praat. Sy gesels ook oor musiek en die eerste lied uit haar eie pen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: