07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Oppiradio

Vrydag 19 Julie 2019

Oppiradio

Daar was al hordes treffers uit sy pen wat hyvvir ander musikante geskryf. Hy is bekend vir die sielvolle Vier Seisoene Kind wat vir Laurika Rauch baie sukses gebring het. Maar wat van die musiek wat hy vir homself skryf? Christelle van Tonder gesels met Gian Groen oor hoe sy musiek verander het vandat hy pa geword het, en die musiek wat hy vir die Amerikaner, Camille van Niekerk, skryf.

Vrydag 12 Julie 2019

Oppiradio

Jazzmusikant en tromboonspeler Kyle du Preez is al 15 jaar lank betrokke by die Nasionale Kunstefees se Jazzfees. Die fees gee elke jaar aan jong opkomende jazzmuzikante die geleentheid om saam met die topmusikante in die land op te tree. Kyle vertel vir Christelle van Tonder van vanjaar se fees wat aan die einde van Junie plaasgevind het. Ht praat ook oor sy loopbaan.

Vrydag 5 Julie 2019

Oppiradio

Op 74 tree Glenys Lynne en 4 Jacks and a Jill nog op en gee die ou bekende treffers nuwe lewe, saam met die gospelmusiek in hulle repertoire. Glenys Lynne het by die OPPIRADIO ateljee kom kuier om te praat oor haar loopbaan, kinders grootmaak op die pad, en haar oorgang na gospelmusiek. Christelle van Tonder maak kennis met die legende.

Vrydag 28 Junie 2019

Oppiradio

Lance James vier op 18 Julie 2019 sy 81ste verjaarsdag. Hy spog met 'n nuwe album getiteld Swan Song maar Lance belowe dit is nie sy laaste album nie. In 'n loopbaan wat strek oor meer as 60 jaar het Lance James country-treffer na -treffer bekendgestel en die harte van die Suid-Afrikaners gesteel veral met sy Afrikaanse liedjies soos Dankie. Lance beskou ook die lied as die belangrikste lied in sy loopbaan. Hy praat oor sy lang loopbaan by die SAUK, sy nuwe album, toer en hoe hy van kleins af geweet het hy moet deel wees van die musiekwêreld.

Vrydag 21 Junie 2019

Oppiradio

Hanco is 'n jong opkomende musikant wat oorspronklik van Tzaneen af kom maar nou in Pretoria woon waar hy voltyds musiek maak en skryf. Sy debuutalbum Hou Vas is in Maart bekendgestel en die titelsnit kan ook nou op RSG gehoor word. Christelle van Tonder gesels met die jong musikant oor sy opleiding, liedjieskryf en sy debuutalbum Hou Vas.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: