21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 22:10

Musiekbonbons

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 6 Desember 2021

Praat saam 6 Desember 2021

Volgens die jongste werkloosheidstatistiek het werkloosheid in die derde kwartaal gestyg tot ‘n rekord 34,9%. Die grootste toename in werkloosheid is in Gauteng, Noordwes, KwaZulu-Natal en Limpopo aangeteken. En volgense die jongste misdaadstatistiek het geweldsmisdade, huisbraak, inbrake by werkspersele en kapings toegeneem. Wat is die verwantskap tussen werkloosheid en misdaad?

Vrydag 3 Desember 2021

Praat saam 3 Desember 2021

Nederlandse gesondheidsowerhede sê meer as 20 passasiers wat in kwarantyn was sedert hulle positief getoets het vir Covid-19 nadat hulle verlede Vrydag vanuit Suid-Afrika na dié land gevlieg het, word van vandag af toegelaat om terug te keer. Suid-Afrika probeer nog sin maak van die reisverbod wat verskeie lande ingestel het nadat ons wetenskaplikes die nuwe Omicron-variant ontdek en die wêreld ingelig het. Baie meen leiers het oorreageer, ander noem dit xenofobiese gedrag. Wat sê dit van hulle houding teenoor Suider-Afrika?

Donderdag 2 Desember 2021

Praat saam 2 Desember 2021

Suid-Afrika het van die mees progressiewe menseregtewetgewing en beleid wat Alle genders beskerm, hoe jy ook al identifiseer. Dit lyk mooi op papier, maar toepassing in praktyk ontbreek. Die jongste misdaadstatistiek wys Suid-Afrika is een van die gevaarlikste lande vir vroue. Die jaarlikse 16 dae veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het onlangs begin, en baie vroue het hulle misnoë oor die veldtog uitgespreek. Wat beteken ‘n 16 dae veldtog op grondvlak vir vroue en kinders, of moet daar ‘n herbesinning van prioriteite kom?

Woensdag 1 Desember 2021

Praat saam 1 Desember 2021

Die Covid-19-pandemie het die wêreld se fokus en gesondheidshulpbronne die afgelope twee jaar oorheers met die mandaat om ‘n entstof te kry. Die ander oordraagbare siektes het uit die kollig verdwyn, maar vandag, op Wêreldvigsdag, kyk ons na die ongeveer 8-miljoen Suid-Afrikaners wat met MIV/Vigs leef. Hoe lyk dinge nou te midde van die pandemie, en hoe raak dit behandeling en die navorsing wat gedoen word?

Dinsdag 30 November 2021

Praat saam 30 November 2021

‘n Suid-Afrikaner het onlangs hulle eie lewe geneem deur van ‘n verdieping by Sandton City af te spring. Volgens die DA se skadu-LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, Refiloe Nt’sekhe, was daar die afgelope boekjaar 90% meer gevalle van selfdood in Gauteng, en die Covid-19-pandemie het ’n groot rol hierin gespeel. Wat was die sielkundige en emosionele impak op jou die afgelope 20 maande?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: