23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Ettienne Ludick

Ettienne Ludick

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 27 September 2021

Praat saam 27 September 2021

Die Verkiesingskommissie het kiesers opnuut versoek om te registreer vir spesiale stemme in die aanloop tot die komende plaaslike regeringsverkiesing. Mense wat spesiale stemme wil uitbring kon reeds vanaf 20 September registreer, en het geleentheid tot 4 Oktober om dit tedoen. Spesiale stemme sal twee dae voor stemdag plaasvind op 30 en 31 Oktober 2021. Watter rol speel faktore soos identiteitspolitiek en ras op kiesers se keuses?

Vrydag 24 September 2021

Praat saam 24 September 2021

Die regering het Suid-Afrikaners aangemoedig om Erfenisdag te gebruik om die land se eenheid in diversiteit te vier en die kulturele erfenis van alle Suid-Afrikaners volhoubaar te probeer maak. Wat doen universiteite om daardie erkenning van diversiteit te beskerm en te bevorder?

Donderdag 23 September 2021

Praat saam 23 September 2021

Die plaaslike verkiesings vind op 1 November plaas, en politieke partye is hard besig met veldtogte en beloftes om kiesers te oorreed om vir hulle te stem. Misdaad en veiligheid is een van die kwessies wat burgers pla. Hoe veilig voel jy in jou gemeenskap?

Woensdag 22 September 2021

Praat saam 22 September 2021

Praat saam oor die verhouding tussen politieke partye en die media tydens ‘n verkiesingstydperk.

Dinsdag 21 September 2021

Praat saam 21 September 2021

Die Departement van Internasionale Betrekkinge sê hy is bewus daarvan dat ‘n 40-jarige Suid-Afrikaanse vrou in Nieu-Seeland aangekla word van die moord op haar drie dogters. Die polisie in Nieu-Seeland sê Lauren Anne Dickason het in die hof verskyn in die hawestad, Timaru. ‘n Woordvoerder van die hof sê sy is na ‘n hospitaal verwys sodat haar geestesgesondheid geëvalueer kan word. Sy sal op 5 Oktober weer in die hof verskyn. Die beskuldigde en haar man, Graham Dickason, is albei mediese dokters. Dié voormalige inwoners van Pretoria het in Augustus na Nieu-Seeland getrek. Die tweejarige tweelingmeisies en hulle sesjarige suster is Donderdagaand dood in die gesin se huis aangetref. Volgens verskeie nuusagentskappe het die vrou vermoedelik aan depressie gelei. Wat is die gevolge van depressie, en hoe hanteer mens dit?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: