07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Regsake

Met Igna Klynsmith , Veronique van Heyningen

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 4 Oktober 2021

Praat saam 4 Oktober 2021

Die departement van hoër onderwys, wetenskap en innovasie werk tans aan 'n opknapping van Suid-Afrika se TVET -kolleges en universiteite om werksgeleenthede vir studente te verbeter en die ekonomie hupstoot te gee. Volgens Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, sal daar ‘n groter fokus wees op vakleeringskappe en indiensopleiding as deel van kollege-opleiding. Hoe lyk die ontwikkelingsmoontlikhede in die sektor met die minister se voorgestelde plan?

Vrydag 1 Oktober 2021

Praat saam 1 Oktober 2021

Volgens ‘n onderwysnavorser strook die kultuur van prestasie op skole nie met die doelstellings van inklusiewe onderwys nie. Shakira Akabor meen die beloning van leerders met toekennings en rangordestelsels vir akademiese prestasies, pootjie die idee van inklusiewe onderwys. Die ideaal volgens haar is dat leerders nie vir ‘n belonging werk nie, maar leer omdat hulle dit geniet. Die druk om te presteer – Het dit tyd geword om die stelsels van erkenning en prestasietoekennings te hersien?

Donderdag 30 September 2021

Praat saam 30 September 2021

Ons het Erfenismaand afgeskop met ‘n gesprek oor naamsveranderinge en die erfenis wat opgesluit lê in die geskiedenis van plekname en straatname. Vandag verskuif ons die aandag na die persoonlike ruimtes, en kyk na die erfenis en geskiedenis van familiename. Hoe lyk jou komvandaan?

Woensdag 29 September 2021

Praat saam 29 September 2021

Die Suid-Afrikaanse vrou wat in Nieu-Seeland daarvan verdink word dat sy haar drie dogtertjies vermoor het, is na ‘n hospitaal verwys sodat haar geestesgesondheid geëvalueer kan word. Sy sal op 5 Oktober weer in die hof verskyn. Die beskuldigde en haar man is albei mediese dokters. Dié voormalige inwoners van Pretoria het verlede maand van Suid-Afrika na Nieu-Seeland getrek. Ons bespreek die impak wat jou geestesgesondheid op ‘n misdaadaanklag en hofsaak mag hê.

Dinsdag 28 September 2021

Praat saam 28 September 2021

Die hooggeregshof in Johannesburg het in 2017 uitspraak gelewer in die opspraakwekkende saak oor die beoefening van godsdiens in skole. Die saak is van belang vir elke landsburger - Jode, Moslems, Christene, en diegene wat nie met ’n bepaalde godsdiens assosieer nie. Wat moet die benadering oor geloof in skole te wees?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: