11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nic de Jager

Volgende: 13:00 - 13:05

Nuus

13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 25 Oktober 2021

Praat saam 25 Oktober 2021

ANC-president Cyril Ramaphosa glo sy party sal weer beheer oor die Nelson Mandelabaai Metro terugneem ná die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November. Hy beloof dat die ANC se rekord van dienslewering sal verbeter indien hulle die verkiesing in die metro wen. Ander nasionale leiers soos Julius Malema en Helen Zille het ook gemeenskappe besoek en beloftes gemaak om kiesers te oortuig om vir hulle te stem. Watter imak het nasionale leiers op ‘n plaaslike verkiesing?

Vrydag 22 Oktober 2021

Praat saam 22 Oktober 2021

Hoewel Suid Afrika wêreldwyd geloof word vir sy wetgewing wat die regte van die LGTBIQ-gemeenskap beskerm, is daar steeds instellings en gemeenskappe wat teen dié groep diskrimineer. Oktober is Gay Pride-maand. Ons bespreek die trots, maar ook die stigma en diskriminasie wat gaypersone steeds ervaar, net omdat hulle ook die reg wil hê om ouers te wees.

Donderdag 21 Oktober 2021

Praat saam 21 Oktober 2021

In ‘n brief skryf die uitvoerende direkteur van die NG Kerk in die Oos-Kaap, ds. Danie Mouton, dat stemreg een van die belangrikste verantwoordelikhede van ‘n Suid-Afrikaanse burger is. Daarmee saam is stemreg ‘n godgegewe verantwoordelikheid, en Christene het ‘n gesamentlike sosiale verantwoordelikheid om hierdie roeping te vervul. Hy vra ook hoe Chrestine moet stem. Hoe sien jy die verhouding tussen geloof en politiek?

Woensdag 20 Oktober 2021

Praat saam 20 Oktober 2021

Daar behoort ’n amptelike kommissie van ondersoek ingestel te word na die eise van militêre veterane en die moontlike bedreigings vir nasionale veiligheid. Só sê die voormalige minister van verdediging, Ronnie Kasrils. Kasrils is ’n stigterslid van Umkhonto we Sizwe (MK), die gewapende vleuel van die ANC. Hy was later ’n lid van die MK-bevelsraad. ‘n Groep van 56 veterane is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle na bewering twee ministers en ‘n adjunkminister in ‘n hotel in Irene in Pretoria aangehou het. Hoeveel ploitieke mag het die militêre veterane?

Dinsdag 19 Oktober 2021

Praat saam 19 Oktober 2021

In sportkringe woed die debat oor kulturele toeëiening steeds voort omdat die Exeter Chiefs in Engeland die tradisionele kopstuk van inheemse Amerikaanse groepe as logo het. Glanspersoonlikhede soos Taylor Swift het ook al deurgeloop oor haar twerking in haar Shake it off-video, haar uitbuiting van gay pride gevoelens en dat sy glo swart kultuur uitbuit. Waar is die streep tussen kulturele toeëiening en die leen en uitruiling van kulturele erfenis?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: