14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Nou op die lug: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

19:00 - 19:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 1 November 2021

Praat saam 1 November 2021

Die Departement van Basiese Onderwys sê ondanks kommer oor die invloed van beurtkrag op die matriekeindeksamen, is geen probleme tot dusver aangemeld nie. Die begin van die eindeksamen is met vier dae vervroeg weens die plaaslike regeringsverkiesings. Vanjaar se Graad 12-leerlinge het verlede jaar sowat ‘n halwe jaar se onderrig by skole misgeloop weens inperkingsregulasies. Meer as 800 000 matrikulante skryf landwyd vanjaar eindeksamen. Ons praat oor die stres van ‘n matriekeindeksamen, wat gepaard gaan met ‘n pandemie en beurtkrag wat studiepatrone ontwrig.

Vrydag 29 Oktober 2021

Praat saam 29 Oktober 2021

Die miljardêr, Elon Musk, is op die punt om die wêreld se eerste triljoenêr te word. Musk sê hy is optimisties dat sy motormaatskappy, Tesla, teen aanstaande maand reeds met die produksie van motors in Berlyn in Duitsland sal kan begin. Die plan is om die eerste elektriesaangedrewe vragmotors by die aanleg te vervaardig. Musk, wat in Pretoria grootgeword het, sê daar is minstens 12 000 werksgeleenthede by dié aanleg. Hy het werksoekers dwarsoor Europa aangemoedig om aansoek te doen vir werk by die aanleg, sodat die vervaardigingsproses vinnig op dreef kan kom. Ons fokus op welvaartskepping, en vra of die Suid-Afrikaanse ekonomie welvaartskepping of afhanklikheid bevorder.

Donderdag 28 Oktober 2021

Praat Saam 28 Oktober 2021

Krieket Suid-Afrika se raad het besluit om riglyne uit te reik waarvolgens alle Proteas die “knie moet buig” voor die begin van die oorblywende T20-wêreldbekerwedstryde. Met dié kniebuiging moet spelers op ‘n konsekwente en verenigde wyse standpunt inneem teen rassisme. Die raad sê gegewe Suid-Afrika se geskiedenis is dit noodsaaklik dat die span konsekwent standpunt inneem teen rassisme. Behoort ‘n maatskappy of instelling sy werkers te verplig om standpunte oor rassisme en ander politieke of sosio-maatskaplike kwessies in te neem?

Woensdag 27 Oktober 2021

Praat saam 27 Oktober 2021

Skoolbeleid oor uniforms word dikwels geskryf op maniere wat onbillike diskriminasie bevorder. Voorbeelde hiervan sluit in die verbod op hoofbedekkings soos doeke en serpe, wat Moslem-meisies dra, of die verbod op bepaalde haarstyle, wat deel kan wees van die godsdienstige identiteit en uitdrukking van leerders. Volgens The Student Assembly, ‘n groep leerders by verskeie skole, kan skoolbeleid gebruik word om bepaalde studente se belewing van hulle godsdienstige en kulturele praktyke te ondermyn, waar veral swart studente se haarstyle as onnet of onvanpas gebrandmerk word. Wat is die relevansie van skooluniforms in hedendaagse tye?

Dinsdag 26 Oktober 2021

Praat saam 26 Oktober 2021

"Doeltreffende plaaslike regerings is van kardinale belang vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling: munisipaliteite moet die infrastruktuur en basiese dienste lewer wat huishoudings 'n leefbare lewenstandaard toelaat, beleggings lok en werk skep. Ongelukkig misluk baie munisipaliteite in hierdie verband, met baie van Suid-Afrika se munisipale wat sukkel om plaaslike ekonomiese ontwikkelingsplanne te implimenteer.” (Helenya Fourie van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek) Hoe lyk ekonomiese ontwikkeling op plaaslike regeringsvlak?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: