15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 8 November 2021

Praat saam 8 November 2021

Die meeste Metrorade en munisipaliteite landwyd sal deur koalisies bestuur moet word. Politieke partye het sowat twee weke om koalisie-ooreenkomste op papier neer te pen. In die eerste van ‘n reeks gesprekke met rolspelers op plaaslike regeringsvlak, praat ons oor die rol en plek van vakbonde in hierdie sfeer.

Vrydag 5 November 2021

Praat saam 5 November 2021

Die meeste metrorade en munisipaliteite sal deur koalisies bestuur moet word. In 66 rade is daar geen volstrekte meerderheid deur enige party nie, insluitend agt metrorade. Altesaam 12,3 miljoen mense het hulle kruisies gaan trek. Ons bespreek die uitslae van die verkiesings, en vra wat is die boodskap wat kiesers aan politieke partye gestuur het?

Donderdag 4 November 2021

Praat saam 4 November 2021

Swartvrydag-winskope word nou wyd en syd geadverteer. Dit word die afgelope paar jaar gekenmerk deur verbruikers wat na winkels jaag, maar dit beteken nie hulle het werklik die geld om dit te doen nie. Met ‘n verswakkende ekonomie en dalende werkloosheid word al hoe meer Suid-Afrikaners verswelg deur hoë skuldvlakke. Ons kyk na verbruikerstendense en bestedingspatrone in ‘n sukkelende ekonomie. Maak jy skuld om te oorleef?

Woensdag 3 November 2021

Praat saam 3 November 2021

Die OVK sal teen môre die finale uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing bekendmaak. Suid-Afrika het sedert die waterskeidingsverkiesing van 1994 stelselmatig ‘n afname in kiesersdeelname oor alle ouderdomsgroepe gesien. Die politieke ontleder, Tinyiko Maluleke, skryf in ‘n meningstuk dat politieke partye moet ophou om te suggereer dat kiesers ongeletterd en onbewus is van hulle reg om te stem wanneer hulle kies om nie deel van ‘n demokratiese proses te wees nie. ‘n Wegblystem is ook ‘n stem. Hoe moet ons die lae stempersentasie verstaan?

Dinsdag 2 November 2021

Praat saam 2 November 2021

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, is optimisties dat sy party as oorwinnaar uit die stryd sal tree ná gister se plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê hulle het landwyd na mense se bekommernisse geluister en onderneem om dienslewering te verbeter. Verskeie meningspeilings wys dat van die prominente partye, soos die ANC, genoodsaak sal wees om koalisies met kleiner partye aan te gaan om beheer van ‘n munisipaliteit te verseker. Wie is moontlike politieke bedmaats? Wat gee jy prys om ‘n wen-wen vir albei partye te verseker?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: