15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 18 Oktober 2021

Praat saam 18 Oktober 2021

Sowat 87 munisipaliteite is deur die regering uitgewys as munisipaliteite wat op die randjie van die afgrond kantel. ‘n Bykomende 43 munisipaliteite klou aan grashalmpies, volgens die jongste data van News24. Hulle voorspel dat die diensleweringskrisis sal verdiep. Tog maak politieke partye beloftes van ‘n hemel waar huise gebou word, water wonderbaarlik na elke kraan vloei en waar goeie regering aan die orde van die dag is. Die plaaslike regeringsverkiesing sal deurslaggewend wees vir alle partye. Aan wie kan jy jou stem toevertrou?

Vrydag 15 Oktober 2021

Praat saam 15 Oktober 2021

Die koms van tegnologie het virtuele wêrelde en konnektiwiteit vir ons ontsluit, maar daarmee saam ook digitale bedreigings gebring. Ons moet nou ons persoonlike inligting beskerm, bekommerd wees oor kuberkrakers en booswigte, wat regerings en maatskappye in ‘n virtuele wêreld gyselaar hou en lospryse eis. Wat moet in plek wees om jou kuberveiligheid aanlyn te verseker?

Donderdag 14 Oktober 2021

Praat saam 14 Oktober 2021

Korrupsie is een van die kwessies wat uitgewys is as ‘n faktor wat dienslewering en goeie regering pootjie. Ons praat oor korrupsie op plaaslike regeringsvlak en hoe dit ons as burgers raak.

Woensdag 13 Oktober 2021

Praat saam 13 Oktober 2021

Die plaaslike regeringsverkiesings is om die draai. Hoe lyk die verhouding tussen plaaslike regerings en gemeenskapsorganisies, belastingbetalersverenigings, nie-regeringsorganisasies en geloofsgemeenskappe met betrekking tot dienslewering en infrastruktuurontwikkeling?

Dinsdag 12 Oktober 2021

Praat saam 12 Oktober 2021

Die departement van basiese onderwys ontwikkel 'n nuwe geskiedeniskurrikulum vir skole, wat in 2024 bekendgestel sal word. Die departement gaan ook voort met planne vir moedertaalonderrig, sodat studente in hulle huistale kan studeer en eksamens skryf. Daar word verwag dat provinsies die gebruik van moedertaalonderrig sal ondersteun en uitbrei. Ons praat oor die skoolkurrikulum, vakke wat leerders kan kies, en watter vakke verpligtend moet wees.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: